Dalk die kwaaiste babatjie ooit?

Foto: Rodrigo Kunstmann

Die internet gons oor ʼn foto van ʼn “kwaai babatjie” wat gebruikers lekker laat lag.

Isabela Pereira de Jesus is op 13 Februarie in ʼn hospitaal in Rio de Janeiro in Brasilië gebore en dit wil voorkom of sy glad nie beïndruk was met die wêreld nie. Sy het aanvanklik nie gehuil nie en net vir die dokter gefrons. Toe haar naelstring geknip is, het sy uiteindelik keel opgesit.

Rodrigo Kunstmann, die fotograaf, sê Isabela het 2,805 kg met geboorte geweeg. Sy is eers op 20 Februarie verwag, maar haar ma, Daiane, het op 12 Februarie in kraam ingegaan en die egpaar moes die keisersnee vervroeg.

Die egpaar het Rodrigo gehuur om Isabela se geboorte op kamera en video te verfilm. “Die uitdrukking was maar net ʼn paar sekondes lank, maar ek kon dit op film verewig!” het hy verduidelik.

Die foto word nou wyd op sosiale media versprei en internetgebruikers lewer grappige kommentaar oor dié ongewone foto.

“Vandag is my geboorte en ek het nie eers klere daarvoor nie!” het Rodrigo aanvanklik by die foto geskryf toe hy dit op Facebook gedeel het.

“Sit my terug!” antwoord nog iemand. “Wie’s jy? Jy’s nie my ma nie? Ek ken jou nie!” skerts nog ʼn persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wielspore ·

Die kind se gesigs uitdrukking is die van ‘n baba wat besef dat sy na 3 reinkarnasies weer in ‘n arm familie gebore is.

Agter die skerms..... ·

Die gesig vertel duidelik sy is nie gelukkig nie – sit my terug, sit my terug, ek is by die verkeerde mamma en dadda. Maar dis ook net ‘n kosbare foto :-)

Pandora ·

Op een van die sosiale media forums het iemand heel gepas gekommentaar met: “How dare you?!” in ene Gretha styl. Baie oulik. Die gesiggie gaan sekerlik nog ‘n ‘meme’ sensasie word.

Jims ·

“Nou vir wat haal julle my sewe dae te vroeg uit? Ek wou nog slaap!

VanAfrika ·

“Ek het vir julle gesê moet my nie nou wakker maak nie”☺ Sy is te cute, lyk net soos die handgemaakte poppe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.