Deurklokkies in die huis help dié ma

Skermskoot uit die video

ʼn Ma se video op TikTok maak opslae oor die manier hoe sy haar kinders “roep”.

Dit kan uitputtend wees om die kinders te roep as hulle in hul kamers besig is met huiswerk, of wanneer hulle dalk na harde musiek of ʼn fliek luister. Maar dit hoef nie só te wees nie: een ma het met ʼn slim plan vorendag gekom.

Arin, ʼn ma van vier, deel gereeld wenke met haar meer as 254 000 volgelinge op TikTok. ʼn Onlangse video is egter reeds meer as 5,7 miljoen keer gekyk.

In dié video verduidelik sy dat sy van deurklokkies gebruik maak om haar kinders te laat weet dat aandete gereed is, in plaas daarvan om hulle te probeer roep.

“Ons het vier kinders en ek haat dit om in ons huis te skree. Ek het dié klein deurklokkies gekoop en dit is grensverskuiwend!”

Die ma sê sy het ʼn deurklokkie vir elke kind gekoop en hou die knoppies in ʼn kas in die kombuis. Die klokkie is in elkeen se kamer geïnstalleer, so in plaas daarvan om hulle te roep, hoef sy slegs die knoppie te druk om seker te maak die klokkie lui in hul kamers.

“Hulle weet ook om soggens kombuis toe te kom wanneer die klokkie lui,” verduidelik sy. “Daar was nog nooit ʼn beter ‘mom hack’ nie. Hierdie klokkies het ons huis baie meer vriendelik gemaak!”

Byna 700 000 kykers het van die video gehou en dit het meer as 5 500 kommentare uitgelok van kykers wat baie beïndruk is met die wenk. “Ek haat dit om in die huis te skree,” sê een gebruiker. “My kinders sal die batterye uithaal!” skryf ʼn ander. “Ek het vir myself ʼn megafoon gekry. Sommige gesinne het iets sterker nodig,” skerts nog iemand.

Klik hier as die video nie in jou webblaaier wil speel nie

@arinsolange

There has never been a better momhack – these little $15 doorbells have made our house so much more pleasant! Linked on my Amazon under ‘home favorites’ fyp momsoftiktok

♬ original sound – Arin Jura

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stoffeltjie ·

Ek het dit al ‘n jaar terug gedoen en in my Ma se woonstel, wat apart van ons huis is, geinstalleer. Orals, (sou sy val), is die klokkies binne bereik van mekaar gesit. Arm hoogte sou sy lê, dat sy dit kan bykom. Dit help regtig in nood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.