Alice van Kempen, ʼn vrou van Rockanje naby Rotterdam in Nederland, het die afgelope drie jaar ongelooflike foto’s van haar hond, Claire, geneem. Wat dié foto’s van haar boelterriër so besonders maak, is die plek waar dit geneem word.
Alice en Claire reis Europa plat op soek na verlate geboue – kerke, tronke, treine, hospitale en plase. Dis in dié omgewings waar Claire vir Alice se foto’s poseer. Dié twee maak ʼn gedugte span en volgens Alice is dié pragtige hond haar muse. Lees die volledige storie hier.
Ag dit is ongelooflik besonders??… en wat als so uniek maak , is die plekke waar sy die foto’s neem?? Ek dink Claire is n regte Foto”’ hondjie”’ en seker nou al so gewoont aan al die maniere van pose”’ vir foto’s… WELL DONE”
dis n oulike hond. wonder of my kat dit sal doen
Dankie vir die plaas van die foto’s en die skakel na die volle storie. Besonderse foto’s. Ek het mooi herinneringe aan ons Bullterier jare gelede wat ook so ‘n karaktervolle hond was.