Hier is een krokodil wat beslis weet hoe om die lewe te geniet!
ʼn Man van Florida het vroeër vandeesmaand gesien hoe ʼn krokodil ʼn kanaal in Key Largo oorsteek – deur van ʼn drywende “pool noodle” gebruik te maak.
“Ek het heel eerste gewonder wat met die persoon gebeur het wat die noedel gebruik het!” het plaaslike inwoner Victor Perez aan Fox News gesê nadat hy die geel swembadspeelding op die kanaal opgemerk het. “Ek weet glad nie hoe hy dit in die hande gekry het nie, maar hy het soos enige tipiese Florida-toeris gelyk!”
Foto’s van die krokodil en sy speelding was ʼn groot treffer op sosiale media nadat Perez dit gedeel het.
Dis steeds nie duidelik waar die krokodil aan die speelding kom nie, maar krokodille is baie slim, veral wanneer hulle met mensgemaakte voorwerpe in aanraking kom.
Alligator (nie krok nie).
Daar is nie ‘n amptelike Afrikaanse woord vir “alligator” nie., so krokodil is korrek.
Kostlik!
Op die persoon se Instagram bevestig hy nadat iemand hom vra of dit ‘n krokodil of Alligator is, dat dit ‘n Krokodil is…..
Ag mense, maak dit tog nou saak of dit ‘n alligator of ‘n krokodil is? Dis nie die punt van die storie nie. Dit is ‘n brokkie vrolike nuus vir ‘n slag!
Dis skreeusnaaks! Eintlik nogal oulik ook…