ʼn Uil wat ʼn eend se eier vir haar eie aangesien het, het uiteindelik die eendjie grootgemaak.
Laurie Wolf van Florida in die VSA, ʼn amateur natuurfotograaf, het in haar erf op die twee ongewone huismaats afgekom en die foto vir die National Geographic aangestuur.
“Die twee het net daar langs mekaar gesit. Mens kan dit nie glo nie. Ek kan dit nog steeds nie glo nie,” het sy aan die tydskrif gesê.
Sy het aanvanklik die uil in ʼn spesiale uilboks op haar stoep opgemerk. Ongeveer ʼn maand later het sy gesien daar is iets donserig saam met die uil in die boks en gedink dit is ʼn kuiken saam met haar ma, maar toe opgemerk dit is ʼn eendjie.
Laurie was besorg dat die uil dalk die eendjie sou eet en het kontak gemaak met ʼn plaaslike voëlkenner. Die kenner het gesê dit is inderdaad ʼn moontlikheid. Laurie het daarna ʼn wildreservaat gekontak om te hoor of hulle dalk die eendjie sou kom haal, en hulle het ingestem.
Toe Laurie en haar man egter die eendjie wou gaan haal, het dit uit die boks gehop en in die rigting van ʼn dammetjie beweeg en dit was die laaste keer wat hulle die eendjie gesien het.
Christian Artuso, direkteur van voëlstudies in Kanada, het intussen gesê die betrokke tipe eend maak gebruik van “broei-parasitisme”. Die eende lê hul eiers soms in ander voëls se neste, hoopvol dat sommige sal uitbroei.
Lees meer:
www.healthyholisticliving.com
earthwakes.me
www.dailymail.co.uk
www.nationalgeographic.com
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
So cute, maar mamma uil lyk nie baie happy met baby langs haar nie. Dis net vir my nie maklik om te glo dat die ma eend `n gat in `n boom sal kies om te broei nie, want dis voëls wat op die grond broei. Kan nog verstaan as sy volstruis se nes oorgneem het. Maar ja nou toe, as dit `n happy einde is, is ek happy.
Kyk so ‘n “cuckoo” van ‘n eend!!!
Is dit nou nie, n alte possitiewe oulike en pragtige artikel! DANKIE MM
Nou hoekom moes die mensdom nou weer inmeng. Vir my lyk die uiltjie al te knus saam met “haar” baba. Shame en nou is sy alleen.
Dit dien as n goeie voorbeeld waarmee die huidige regering nou besig is.