Diereregtegroep sê Lego se plaasstelletjie ‘mislei’ kinders

Die plaasstelletjie te koop op die Britse Lego-webwerf (Foto: Lego)

Die bewaringsorganisasie People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) het die speelgoedvervaardiger Lego versoek om te herbesin oor ʼn plaasstelletjie.

Peta het die uitvoerende hoof van Lego, Niels Christiansen, skriftelik genader oor die “argaïese uitbeelding van die dierelandboubedryf”. Die organisasie stel voor dat Lego die stelletjie eerder beskryf as “ʼn toevlugsoord, waar diere vry is om in vrede te woon”.

Volgens die groep mislei Lego se “gelukkige plaastoneel” kinders, omdat diere “in vandag se vuil, bloedbevlekte vleis, eier- en suiwelbedryf ly”. “Dit is nie net wreed nie, dit is ook ʼn leidende oorsaak van die klimaatskatastrofe,” sê Peta.

Aktiviste kap Lego in die ope brief en voer aan dit beeld ʼn rooskleurige prentjie uit “van die gruwels en wreedheid agter hul melkskommels en hamburgers”.

Lego se nuwe Farm With Animals-stelletjie is van vandag af beskikbaar op sy Britse webwerf, alhoewel verskeie plaastonele reeds in Suid-Afrika te koop kan word.

Volgens Lego se webwerf kan só plaasstelletjie “jou kind se verbeelding aangryp en hul kreatiwiteit, empatie en versorgingsinstink aanwakker – nie net vir die speelgoeddiere nie, maar ook vir ander lewende wesens om hulle”.

Peta stem egter nie saam nie. Die organisasie voer aan “die realiteit vir plaasdiere is ver verwyderd van Lego se vreedsame, vrolike toneel. Dit is misleidend vir kinders.”

Peta meen ʼn herbesinning van die plaasstel sal kinders help om te besef dat diere voelende wesens is wat vreugde, pyn, liefde en hartseer ervaar; dat hulle versorg moet word; en dat hulle nie bloot as eetbare kommoditeite hanteer moet word wat gebruik en misbruik word nie. “Dit is tyd dat ons ophou om kinders te mislei oor die gruwels en wreedheid agter hul melkskommels en hamburgers.”

Neil Shand, uitvoerende hoof van die National Beef Association in die Verenigde Koninkryk, het intussen gesê ouers het ʼn verantwoordelikheid om kinders te leer waar hul kos vandaan kom deur speelgoed-plaasdiere.

Frank Furedi, emeritus-professor van sosiologie aan die Universiteit van Kent, meen Peta se brief vat iets wat natuurlik en onskuldig is, soos kinders se belangstelling in plaasdiere, en verander dit in iets kwaadwillig.

Lego het nog nie reageer op Peta se skrywe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jessey ·

En daar gaan Shaun the Sheep vir al die klein kindertjies in die drein af.

Misky ·

My maggies, dis speelgoed diere soos ons as kinders ook gehad het. Wil hulle nou ‘n bebloede vark en bees eerder hê of ‘n afkophoender maak wat rond hol? Belaglik sou ek sê.

VaalDonkie ·

Foeitog. Pappa het hulle seker nie genoeg aandag gegee nie, nou haal hulle dit op ander uit.

Miskruier ·

Nou het ek als gehoor!! Ons moet maar ophou eet, tot plante kry seer.

Lakemalawi ·

en die nuwe plantbotter gier is niks anders as Margarine nie, maar nee, ons spring op die wa!

Mike ·

Belaglik, weer een of ander liberaal wat niks beter te doen het nie.

Madelein ·

Ag!!! Die mense kan darem nou maar kla oor niks. Ek was al baie op ‘n plaas, en dis vreedsaam om die beeste en skape so op die lande te sien.

Swerwer ·

Ag genade tog. Net soos toe ons jonk was en almal die appeltjie met ‘n hap uit op jou klere vasgewerk het. Dit was spesiaal vir ons kinders, iets wat ons onskuldig gekoester het tot daar ewe skielik uit die bloute gesê is, dit is “duiwels” wat nie so was nie. Dan ons dierbare Liewe Heksie. Ons het die boeke gelees en ‘n velt bord gehad met veld figure, van ‘n besem, ‘n kat, Blommie kabouter, Liewe Heksie alles was saam in die boks met die veltbord. Bou is dit eweskielik duiwels. Asseblief, dit het ons ure besig gehou en ons verbeelding laat gaan, nie een oomblik het ons aan bose dinge gedink of gedoen nie.
Laat die kindertjies vrylik met hul lego speel. Dit is volwasse wesens wat die mooi uit die lewe haal en die appelkar omgooi en dit lelik maak

Nettie ·

Ek dink wat eerder misleidend is, is dat die Haan en Koei bykans dieselfde hoogte is!

AndrewL ·

Iewers is daar iets in daai ouens se drinkwater wat hul laat gesigte sien.

Ek wonder wat sou hul reaksie gewees het op die gebruike in die Bybelse tyd waar soenoffers aan die orde van die dag was.

Daar is tog baie belangriker kwessies as iets so netelig as boerdery met diere. Daar is mens en dier wat verniel word en sterf van die honger.

Sandra ·

As PETA dit regkry om die kinders te laat weet waar hul melkskommels en burgers vandaan kom gaan daar baie klein kindertjies in terapie wees

Hennie ·

Belaglik! Ek dink Lego moet sommer ‘n bottel tamatiesous by gee vir ‘n meer realities effek. Die groente GABBAS moet asseblief hul monde hou, ons vleiseters pla hulle nie omdat hulle Plante vernietig nie!

Sandra ·

Nou het ek alles gehoor! My maggies! Party mense weet hoe om die dam onder die eend te trek.

Roebs ·

Dis LEGO hello ons verbeelding om goed te bou as kinders en nou ook as grootmens is vir my lekker. Dis ‘n onvlugting vir ons as mens om in ‘n wereld weg te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.