Foto’s: ‘Belaglike’ strooimeisie-modes deur die jare

ʼn Strooimeisie moet nooit die aandag van die bruid aftrek nie. Dit lyk egter of sommige bruide twyfelagtige modes vir hul strooimeisies beproef. Die webwerf Bored Panda het ʼn rits foto’s van strooimeisies saamgestel – en dis nie duidelik of die rokke regtig belaglik is en of die modes dalk net só verander het dat dit destyds tog mooi gelyk het nie.

Het jy ook strooimeisie- of matriekafskeidfoto’s in jou album waaroor jy net kan wonder: “Wat het ons gedink?!” Stuur dit gerus per e-pos aan ons by [email protected] – ons wil graag ook ʼn Maroela-album saamstel!

 

Foto: TeamZebra

Foto: Awkward Family Photos

Foto: Vintag

Foto: YoungBlood

Foto: Hulton Archives

Foto: Awkward Family Photos

Foto: Minnesota Historical Society

Foto: Alex

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Louise Viljoen ·

Eina, my oë is seer om na die modes te kyk. Ek kan nie dink dat sommige van hier ooit mode was nie.

Danie ·

Dit is seker op stuk van sake die nou egpaar se keuse wat die tema van die troue, die klere van die strooimeisies en strooijonkers gaan wees.

Sommige heg spesiale waarde aan iets wat vir anderbelaglik mag wees.

Melinda ·

Dis wonderlik dat daar mense is wat ander se keuses en individualiteit respekteer! Danie, “hope in humanity restored”!

Ek waardeer ook ·

Ek waardeer ook en dankie Maroela, dit laat lagspiere prikkel en ons is bly ons sin lyk anders, sal maar moet sien of ons kleinkinders weer vir ons sin gaan lag, maar as ek in diepte kyk sien mens tog sekere dele van patrone het onveranderd gebly, net kleur en materiaal het verander en sekere materiaal het oorleef. Verder is van die jong modes juis iets uit die ou dae. Ek kyk die manne en hul style ….. Die bal optrek rokke was in die 90’s ook ‘n hit, my kind het haar rokkie gehad.

AG asb ou DAnie en Melinda ·

Ag asb tog. EK sal BESLIS nie ‘n STROOIMEISIE wou wees op een van hierdie belaglike troues nie . JA die bruid mag kies wat sy wil maar die STROOIMEISIE Mag seker ook maar NEE se . dit is wat ek sou gedoen het . hoekom die BELAGLIKHEID .dit is JOU troue, hoekom moet EK belaglik lyk?? SIESTOG julle met julle respek .. julle het GEEN Respek om ‘n stooimeisie in ‘n belaglike kostuum te laat rondloop nie .. DANKIE tog ek het nie sulke INDIWIDUE as vriendinne wat jou belaglik maak terwyl sy mooi lyk nie.

Linda ·

Dankie Maroelamedia ek het nou SO gelag!! Kannie glo wat ek sien nie…

aMELIA ·

oooo magtig… baie van hulle lyk so asog dit gordyn materiaal kan wees…..

Theresa ·

Meeste hiervan seker so laat sestigs en sewentigs? Bloot mode. Die haarstyle bewys dit. Mens moet miskien net oppas om nie reg by die gordyn te staan wat presies soos die rokkies lyk nie – goeie manier om die lagspiere te prikkel – maar onthou – dit was iemand se spesiale dag.

MJ ·

Kom daarvan as jy ‘n ‘fashionable’ troue wil hou.. Bruide moet eers die konsep van tydloos bestudeer voordat hul sulke belaglike besluite neem.. sommige uitrustings lyk soos die gordyne agter hulle! Verstaan in elkgeval nie die nodigheid van strooimeisies nie..

Aitoggie ·

hahahahah lekker lag ek nou. Party is omtrent n spektakel.

Leser ·

Ja nee omtrent! Die heel eerste foto is nie so erg nie, maar liewe aarde…sommige ander! Shame, dankie tog modes het verander!

honourable member ·

Dankie dit was nou n lekker artikel en lekker lag vir die tyd van die middag.

Hannelie ·

Sjoe ek nou sommer naar…….maar dankie Maroela Media vir ‘n terugblik. Ek het van die fotos amper die strooimeisies gemis en net gesien die gordyne hang tot op die grond.

Hendrik ·

Die lekker lag vir die modes is mos deel van die geniet van die ou kiekies! ‘n Huwelik met sulke ou fotos is ‘n stewige huwelik.

johann ·

Jammer maar ek dink al die troues het in n klooster plaasgevind ha ha

Ella ·

Dankie Maroela dat julle dit geplaas het.
Ek het nou baie lekker gelag. Arme strooimeisies. Amper soos 27 Dresses.
Plaas asseblief meer sulke lawwe goed. Ons moet leer om weer te lag.

Regte boer ·

Dit laat my dink aan my 2 de vrou se eerste troue. Maar as sy weet ek sê dit kry ek ‘n 3 de kans.

AmY ·

Dit is eintlik baie interessant. Seker ook die tyd toe troues nog bekostigbaar was.

Liendempers ·

Dis opvallend hoeveel van die strooimeisies nie eintlik glimlag nie………..dis mos veronderstel om n blye dag te wees of hoe?

Anni ·

As ek na party van daardie strooimeisie rokke kyk, het ek half empatie met die gebrek aan glimlagte. Maar ek moet se, gemeet aan die era waaruit die fotos dateer, was die modes in lyn gewees. Ek is mal daaroor om na sulke fotos te kyk.

Stan ·

Uniek en baie eksentriek- like die fotos. Die sewentigerjare moes awesome gewees het✌

Gerda ·

Wel op daardie stadium was dit mooi. Oor so paar jaar dan gaan daar ook oor vandag se modes gesê word eeeuw kan nie glo mense het dit gedra nie. Ek verkies eerder outyds as hierdie half kaal kort rompies wat die persoon keer om te buk.

Linda ·

Daardie jare was dit pragtig. Dit is nog steeds spesiaal, dit sou vervelig gewees het as troues oor die jare almal dieselfde gebly het. Oor 20 jaar trek ons skewe bek vir vandag se troumodes. Wys nog?

Poppie ·

Lyk eerder of van die foto’s uit die vyftiger jare kom. Dalk oor 50 jaar lag die mense vir vandag se bruidsmeisierokke. Modes verander maar ook. My seun en dogter het altyd vir my pa gelag oor hy hipsters gedra het (in die jare 90s). En op die end toe dra hul dit ook. En lyk my die hoë broeke is weer terug en hipsters uit.

Shaun ·

Hoekom lag julle?….dit was mode daai tyd…..oor 20 jaar lag julle klein kinders vir vandag se trourokke en strooi meisies.

GM ·

Kyk so daarna, jy moet beslis BAIE goeie vriendinne hê om so aan te trek vir jou “spesiale dag”. Alhoewel party bruide seker ‘n beter vriendin vir haar strooimeisies kon wees. Haha. Op party foto’s kan mens sien, sekere rokke weerspieël net die mode van daardie tydperk. Vir ander gaan ons so bietjie dieper moet delf vir wat hul redes was vir hul keuese.
Either way, ek sien nie in hoekom mense ‘n huisdeposito se geld op een dag sal wil spandeer nie, en ook nie hoekom mens familie nooi wat jy nie eintlik daar wil hê nie. Die bruid se pa is dalk al drie keer getroud en nou moet die nuwe stiefma ook genooi word, en moenie van mammie en haar kêrel vergeet nie.
Daar is soveel paartjies wat hulself in die skuld indompel sodat hul belaglik baie op hul troue kan spandeer (omdat hul voel hul moet ‘n hele ‘show’ hê) want Sannie se ma het gesê HAAR dogter se troue gaan Rx kos, en die een probeer beter as die ander een wees – en oor ‘n jaar skei almal, want niemand fokus meer op waaroor dit eintlik gaan nie.
Ek het nog nooit ‘n bruid gesien wat nie uitgestres is oor al die reëlings nie. Wat het geword van uniek wees, en te sê bogger wat almal anders wil hê en wat die samelewing verwag?

E.K. die eerste ·

Leer nou: “simple is elegant”! Hierdies is skrikwekkend, maar ja, daardie tyd was dit seker “stunning” vir almal. Mens moenie sulke plasings ernstig opneem en nou weer dink die mense word te na gekom nie, dis deel van die lewe. Soos baie hier opmerk oor 30-40 jaar of dalk minder lag almal weer vir ons modes!

CK ·

Was seker maar mooi daai jare, maar shame, het die een bruid te veel gordynmateriaal gehad en toe besluit sy maak maar vir haar gevolg daarmee rokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.