ABC News berig dat die brandbestryders daarin kon slaag om vinnig die brand te blus waarna hulle die hamsters in die huis gevind het.
Die brandbestryders het die klein diertjies met suurstofmaskers behandel en foto’s van dié ongewone reddingspoging is op Twitter gelaai.
Die twee volwasse hamsters is “Oreo” en “Madonna” gedoop. Een van die drie kleintjies het egter nie die voorval oorleef nie.
Volgens berigte is die brand deur ʼn tuimeldroër begin.