Ikea het 10 kinders se prentjiekarakters in werklikheid verander toe dit omskep is in regte sagte speelgoed.
Dié speelgoed gaan wêreldwyd as deel van die maatskappy se “Soft Toys for Education”-veldtog verkoop word.
Die 10 finaliste is uit ʼn groot versameling inskrywings gekies en Ikea se ontwerpers het aan die werk gespring.
Ikea is al 12 jaar lank besig met sy veldtog, maar dit is die eerste keer wat hulle sagte speelgoed gaan verkoop wat deur kinders ontwerp is. Vir elke speelding wat verkoop word, skenk Ikea $1 of €1 aan Unicef of Save the Children vir gratis kinderopvoeding (sien die oulike video onderaan die foto’s).
Dis die mooooooiste soft toys wat ek nog gesien het. Eks mal oor die bruin apie met sy groot ore, gestreepte lyfie, en ogies. Die langnek pienk voël is net so sweet…..die blou eenoog, ag hulles almal mooi!!