Freddy die skilpad het die wêreld se eerste 3D gedrukte dop gekry nadat sy eie een in ʼn brand in Brasilië beskadig is. Freddy het ernstige beserings tydens die brand opgedoen en dié prostese-dop is deur ʼn span genaamd die Animal Avengers, opgebou en aangewerk.
“Ek moes ʼn reeks foto’s van Freddy, asook foto’s van ʼn gesonde skilpad, neem om die ontwerp reg te kry,” sê die ontwerper van Freddy se dop, Cicero Moraes. Die dop is ook met die hand geverf om soos ʼn regte dop te lyk.
Na ʼn suksesvolle operasie kon Freddy weer sonder enige gesukkel loop en sy nuwe dop pas ook mooi in by sy natuurlike habitat.
Die Avenger-span is in Sao Paulo gevestig en bestaan uit vier veeartse, ʼn tandheelkundige chirurg en ʼn 3D-ontwerper wat 3D-tegnologie gebruik om ernstig beseerde diere se lewensduur en lewensgehalte te verbeter.
“Ons is eintlik ʼn groep vriende wat ʼn liefde vir diere en wetenskap deel,” meen Dr. Fecchio, ʼn lid van die Avenger-span.
Lees die volledige berig hier.
Dis nou hoe die mens moet wees. Wel gedaan
Skillie-convertable
Arme ou skillie. Gaan jou nuwe dop ook kan groei soos in die natuur?
Julle is God’s children. Well done!!!
Dankie Avenger span!! Hoe raak my hart warm met hierdie stukkie nuus!! Welgedaan!!