Geen boete danksy voël in vlug

Foto: Viersen-polisie/Duitsland

Daar is ʼn Duitse uitdrukking, om “tierisches Glueck” of “dieregeluk” te hê – en dit is beslis van toepassing in die saak van ʼn man wat ʼn boete vrygespring het danksy ʼn voël in vlug.

Die polisie in Duitsland het gesê die motor is verlede week teen 54 km/h in ʼn 30 km/h-sone bestuur in Viersen, in die weste van die land. Die oortreding sou die bestuurder €105 (ongeveer R1 700) uit die sak gejaag het, as die persoon behoorlik geïdentifiseer kon word. Die voël het egter op die betrokke tydstip reg voor die kamera ingevlieg en die bestuurder se gesig word versper.

“Ons sal die spoedvraat in dié geval in vrede laat,” lui ʼn verklaring van die polisie.

“Die duif moet eintlik ook ʼn boete kry want hy het duidelik ook te vinnig gevlieg,” het beamptes geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Adri ·

Skynbaar is sy registrasienommer (nommeplaat) ook versper? In dierbaar Suid-Afrika sou die geregistreerde eienaar ‘n foto in die posbus gekry het met die prys vir die ongevraagde foto daarby.

Thys ·

Wat ‘n gelukkige bestuurder,ek dink hy kan eintlik daai voël bedank vir daai “shot” want nou spring hy daai boete vry

B.B. ·

Wys jou net…selfs n Voel kan op die regte plek en tyd wees..!

JC ·

Ha ha ha…ek het daai selfde ding gedink. Weet nie eers hoe ry ‘n mens 30km/h nie – 1ste rat heelpad?

Judge Dredd ·

Spoedvraat??

Wie se die kamera het nie die duif se spoed gemeet nie?

Diefie ·

So ‘n oulike voël. Hy kan bly wees hy is oor die groot waters. As hy hier was, was hy al opgeëet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.