Groot debat oor vrou se streng reëls vir haar man

Die lys van reëls wat op Facebook gedeel is

ʼn Vrou het ʼn omstrede lys van reëls vir haar man op sosiale media gedeel en dit het intussen groot opslae gemaak.

Die vrou van Australië, slegs bekend as Rosiee, het die lys op ʼn geslote Facebook-groep, “Get it off your chest” gepubliseer. Sy het gesê haar vorige lys van eise was “te streng”, so sy het die lys nou bygewerk.

Die vroue se reëls is die volgende:

  • Geen vriendinne nie
  • Geen sosiale media nie
  • Slegs enkellopende mansvriende
  • Moet minstens 50 ure per week werk
  • Mag nie rook nie
  • Mag slegs twee keer per jaar of minder drink en nooit dronk word nie
  • Geen PlayStation of ander speletjiesmasjiene nie
  • Geen pornografie nie
  • Moet ten alle tye die huis skoon hou
  • Mag nie sonder haar uitgaan nie

Die lys het vinnig ʼn debat op sosiale media ontketen en talle gebruikers was geskok oor die lys eise.

“Jy moet dan dieselfde reëls volg – geen mansvriende nie en geen sosiale media nie,” het een gebruiker reageer.

Ander persone het die vrou veroordeel: “Jy kan nie iemand besit nie! Hierdie is ʼn gyselaarsituasie, nie ʼn huwelik nie.”

Een van die ander gebruikers het die vrou se vertroue in haar man bevraagteken. “Mens kan dit nie aan iemand anders doen en verwag om gelukkig te wees nie. Mense wat gelukkig getroud is, het nie ʼn lys van reëls nodig nie – die grense word reeds gerespekteer.”

Die vrou is ook aangeraai om met ʼn berader te gesels.

Die webwerf MamaMia het die geslote Facebook-groep gekontak en só in aanraking gekom met die vrou wat die plasing gedoen het. Die vrou het nie haar regte naam gebruik toe sy die lys reëls in die groep gepubliseer het nie en sy wil steeds anoniem bly. “Dit was eintlik bietjie van ʼn grap en dit het mense laat dink oor verhoudings waar ander persone beheer word,” het die vrou gesê. “Ek is bietjie van ʼn grapjas en plaas soms omstrede dinge om mense aan te hits.” Sy bely sy het nooit dié reaksie verwag nie.

“Ek is gelukkig getroud. En ons het glad nie só lys van reëls nie – nie vir my of vir my man nie,” het die vrou gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Eise ·

Andre en die res hieronder; lees die volledige berig voordat julle kommentaar lewer. Dit was ‘n grap!!

wena ·

Ek stem, vat jou goet en trek, hierdie huwelik moet jy uit. Mag die ou darem asemhaal , of moet vroutjie toestemming gee

honourable member ·

Nogals enkellopende mansvriende. Ja sure en hulle kyk nie rond om meisies te jag nie. Nee wat die vrou leef in haar eie wereld.

Amelia ·

Nee dit pla my nie, maar wat van as hy op die end vir mans gaan. lol

Foxi ·

Oh my genade tog! Die bruidegom moet so vinnig as wat hy kan padgee. Watse soort huwelik gaan dit wees? Hierdie vroumens is n diktator van n baasbrein in die huis……..maar hy trou nogmaals met haar? Maggies meneertjie…..soos hulle sê…..die liefde is blind!???

E.K. die eerste ·

Ag lees tog – sy is gelukkig getroud dit was net ‘n grap!

Snowball ·

Blyk toe eintlik net ‘n grap te wees om die draak te steek met besitlike beheervrate in verhoudings. Oulik gedoen! Hoop maar dié wat regtig sulke idees en reëls het lees ook en word ‘n bietjie skaam.

Haloooo!!!!! ·

Dit was net n grap! Dit het n lekker glimlag op my gesig gesit.
Ek dink party mans kan maar by daardie reels gehou word. Soos ek al gesien het seker mans kan tekere gaan in verhoudings is dit meskien nog nie streng genoeg nie. :D

Potties ·

Ek kan dit nie verstaan nie dis altyd die man wat rong jol en bollie aanrig dis nooit n vrou nie ………………..

Gerd Lourens ·

In ons huis is daar net twee reëls:

1. My vrou is altyd reg.
2. Indien my vrou verkeerd bewys word, geld reël 1 steeds!!!

madels ·

Lol!!! Gerhard, jy het verseker jou les geleer….. :-) ;-)

Elmarie Human ·

In die huwelik vra mens om verskoning as jy reg was. Raad van n tannie met 60ste hueliksherdenking: ” my kind, shurrup en stap weg!” Werk vir my. 36 jr gtroud. Praat so min as moontlik

SIEK EN SAT ·

Hierdie sogenaamde reels is n vullietjie teen dit wat ek beleef het.
Ek het n vrou gehad wat n duisend maal maller as dit is.
Ek het nooit geweet wat om elke oomblik van die dag te verwag nie. Sy het my verbaal en fisies mishandel en my onmiddelik blameer vir wat gebeur het. Sy het my beledig en as sleg en lui afgemaak .
Ek het altyd uit my pad gegaan om vir haar net die beste te gee, maar afgesien daarvan het sy my steeds mishandel. Sy het absoluut in ontkenning geleef en het altyd aangeneem dat slegs sy altyd reg was. Ek is deur 44 jaar van absolute HEL.

Andrea ·

Hoop jys al ontslae van haar? Mens moenie jou lewe só mors nie

Stormrider ·

Kom ek vat jou vir ‘n Bells. Klink my jy verdien een my maat!

Mense LEES... ·

…en kry sommer bietjie n sin vir humor oo!
Toe ek dit begin lees, kan ek sommer net weet sy mAk n grappie

Jislaaik. Oprukkerig.

Nettie ·

Al is dit tong-in-die-kies gedoen, lewer ek graag my kommentaar:

“Ag, dame, vat sommer maar jou man, sit ‘n halsbandjie om sy nek en trek die string (leash) baie styf om jou lyf vas, want as jy ‘n man sóveel ‘reëls en regulasies’ gaan gee, gaan hy beslis probeer ontkom”. EN:

“O ja, onthou ook – it takes two to tango – so as jy vir hóm ‘n lysie gemaak het, moet hy vir jou ook ‘n lysie maak – kom ons kyk wie die langste by wat kan hou!”

Andre ·

Enige man wat daai reels aanvaar moet maar eerder begin `n rok dra.

Staak saam ·

Eers wou hulle stemreg he en toe bestuurslisensies en nou dit??
Hoe verlamg ons nou terug na die groottrek.

Ek grap ook net….lol

ChrisE ·

Daar is ‘n Engelse gesegde, “woman has no faults. Men have only two. Everything they say and everything they do.” Die dame is ‘n grapjas. Indien daar sulke dames bestaan, ek het nuus vir julle. Jy man gaan een dag by die huis kom en jou met ‘n besem in die hande betrap. Hy sal net vra, “maak jy skoon of vlieg jy gou iewers heen”

Mense lees reg ·

Haha ai mense lees tog net klaar…… So jammer dat mense ook nie meer ‘n sin vir humor het nie.

Netso ·

Ek dink dis elke getroude vrou se reëls hulle maak net nie almal so ñ lawaai daaroor nie! Ek is ook gelukkig getroud maar eensaam.

Staak saam ·

Ek en my vrou het ook elk vir mekaar reels gestel met ons trou, nie een van ons kan meer die reels na 30jaar onthou nie maar ek trap haar nog elke dag uit oor sy hulle verbreek……lol

Karenina ·

Klink reg vir my. Wie wil nou ‘n man hê wat pornografie kyk, of voor die televisie lê, of op facebook boer, of gereeld dronk is, of loop en mors in die huis sodat jy agter hom moet loop en skoon maak, of sonder jou uitgaan terwyl jy alleen by dir huis sit. Of ‘n vrou met ‘n klomp enkellopende mansvriende, of ‘n man met ‘n klomp vriendinne? ‘n Man wat nie werk nie? Wie wil so ‘n man of vrou hê? Beslis nie ek nie dankie.

Ang ·

Ek was Jare terug in so verhouding.
# Mag glad nie uit die buis uit nie nie eens in die jaard gaan nie.
# Geen foon
# mag nie winkels toe nie, nie eens vir ons ba a vir melk nie ( kind kan honger bly tot hy by die huis kom)
# mag glad nie vriende of vriendinne he nie#
# mag nie na my ouers toe gaan sonder hom nie of enige family nie
# As o s in die strate in gaan mag ek net los sweetpak. roek en lang T- hemp dra
# mag nie meer as voorgegee deur hom eet nie anders wil hy weet wie ek onthaal het.
# as ons in die straat af loop mag my oe nie op gaan nie moet stip p dertoe na die vloer wees dat ek nie vir ander mans kyk nie.

My loesing was 2 blou oe en blou kneesplekke om my nek en lyf as ek die reels gebreek het. Oor polisie is ek mooi gewaarsku dit kos my en my kind se lewe..
eks al 13 jaar weg van hom af maar sy nuwe vrou betaal elke dag nog daai reels toe

DS ·

Die vrou het ernstige sielkundige probleme. Ja ek stem saam met 1 of 2 van die punte maar gaan my man nie dwing met ‘n “JY SAL” lysie nie. Praat daaroor en stem saam dis regverdig of onderhandelbaar. Ek is self ‘ n vrou maar stem nie saam met die lysie storie nie.

Renier ·

‘n Vriend se mening is dat grappies soos die altyd ‘n bedekte boodskap dra. Dié ‘grappie’ word altyd voor kennisse en vriende vertel en dan moet die vrou of man maar maak of sy of hy saam lag. Maar daar is ‘n bedekte steek wat gegee word.

JAN ·

Ganse huwelik gaan oor slegs 4 dinge:
Asseblief .
Dankie.
Ekskuus/ jammer.
Belangrikste is gehoorsaamheid/ getrouheid / lojaliteit wanneer dit sleg gaan.

Clifford ·

Net na ons getroud is het ek ook vir my vrou reels gegee.ek het daarop aangedring dat ek steeds saam met my pelle sou uithang maak nie saak tot hoe laat in die aand nie…my vrou het toe net 1 reel gemaak; elke aand 7 uur sal daar seks wees in ons huis…of ek nou daar is of nie.

Skerpioen ·

Ek het nou so hardop gelag…. goed gestel. Baie dankie vir die lekker lag.

Linda ·

SIEK EN SAT en Ang … ek is deur dieselfde ervaring. Dis hoekom ek nie sulke grappe snaaks kan vind nie. Dit krap net te veel nare herinneringe oop ….

DS ·

Charles ja ek het en nee ek glo nie haar storie dat dit ‘n grap was nie. Na al negatiewe reaksies probeer sy haarself verontskuldig but back at the ranch word manlief nog steeds mishandel.

Hennie ·

Grap of nie, daar is wel sulke jaloerse tipes daar buite.

Persone met ernstige probleme!

Kopskud ·

shame. is hy uit op parool of wil hy trou. so iets kan seker vir party werk, maar nie vir my nie. wat word van vertoue en liefde. genade nee. ons het nie sulke reels nie en elkeen maak wat hy of sy wil en is baie gelukig.

Willie ·

Daar is baie sulke siek vroue daar buite… hulle mag als, maar jy mag niks, ek dink dis n algemene tendens…

Amelia ·

Glo my dit gaan weerskante toe. Die vrouens weet van die dames want hul praat met hul daaroor en van die mans weet van mans want hul praat met hul daaroor.

JAN ·

Dink net hoe en wat sal die grappige mamma word as SKOONMA? Verseker sal sy haar kinders se huwelike en gesinne en kleinkinders totaal verwoes. Veral as sy sieklik jaloers / besitlik is met ‘n sadistiese streep. – gemeen en ondankbaar.
Hmm? toksiese feminisme hmm?
Soos Isebel vrou van Agab. Die godin van die Baal kultus. Syt Jehu gespot toe hy 2 konings op een dag gedood het – toe trap die perde haar dood dat haar bloed teen die mure van die poort spat en die honde vreet haar op sodat slegs haar skedel hande en voete oorgebly het….. oe hel — wat ‘n ontsaglike metafoor. !!
Oeee lees gerus hoe sommige skoonma’s is . en die gevolge daarvan.
Goddank nie almal nie. Dank die Here daaroor.
2 Konings 9

Oop oge ·

…die oorsaak van alle hartseer en drama onder mense in die wereld, is agv allerande “rights” behalwe God se reg – Sy WOORD. Daarin lê die goue reel van geluk vasgevang, maar ongelukkig stink dit vir die mens.
Solank as wat die mens sy EIE reg wil uitoefen, SAL daar altyd hartseer en verwydering wees.

Die kern van die probleem lê egter by die geestelike opvoeding deur godsdienstige instansies wat “kerke” of geestelike leiers genoem word. Elke instansie het sy eie reel (reg) en so word dit deur die onderskeie volgelinge gemanifesteer….alles onder die dekmantel van “christenskap” met `n Bybel onner die arm .

Die ander realiteit is egter, dat God se Woord verwyder is uit alle sosiale instansies, soos o.a. skole, universiteite, ens. waar mense gekonsioneer kan word in God se geregtigheid.

God se Woord vereis Goddelike bekering – na HOM toe – en Hy sal Sy Gees vir jou gee, sodat HY (Sy Reg) uitgeleef kan word…deur man en vrou. Dis al waneer daar werklike vrede tussen mense en huwelike sal wees met minimale egskeidings en verwydering.

Maar helaas blyk dit assof die mens verkies om te suffer…….

Baasjan ·

Ek is baas in ons huis. Ek besluit wanneer om onder die bed uit te klim.

Frans C ·

En jy het jou vrou se toestemming om dit te sê,neem ek aan.

Willie ·

Grap of nie – daar steek to heelwat waarheid hierin.

Dit oor en oor gesien met vriende en familie wat getroud is met die “liefde van hulle lewe”
Sodra die ring aan die vinger is, is die man mos nou gevang, dan begin die moelikheid.

So bly ek is nie getroud nie, en gaan ook nie gebeur nie.
Die lewe is te kort om suur te word

Judge Dredd ·

Baie ander visse in die see – hierdie een stink ‘n bietjie.

O aarde ·

Lank terug, toe ons getroud is, het ek ‘n misstappie begaan en my vrou het my met ‘n ketting afgeransel. Van toe skud sy net die ketting.

Susan ·

Ook ni so seker ofdit n grap was ni. Di man wat 44jaar se hel gehad het. Dalk moet ek en di eks en jou vrou aan mekaar voorstel was net so nal soos n haas en als wat jy moes deurmaak was ek ook.

Herman ·

Hierdie vrou is definitief een uit ‘n miljoen. Haar man het niks meer nodig in die lewe as net vir haar nie. Whaaau, waar kan ons nog sulke vrouens kry?

CK ·

Nogals snaaks dat so baie mense kommentaar lewer oor hoe sleg dit is, werklikheid, daar is REGTIG mans en vrouens wat dit verwag en dan die teenoorgestelde self doen. Ek ken so vrou en bid elke dag vir haar.

Willie ·

Dis nie te se dat as ek op die vloer slap, en nie die baas van die huis is nie.. Dis my Huis ek kan slaap waar ek wil..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.