Groot verrassing vir dorp toe dit skielik sjokolade sneeu

Lindt-fabriek in Olten, Switserland

Inwoners van ʼn dorp in Switserland het ʼn groot verrassing gekry toe dit fyn kakaopoeier begin sneeu het ná ʼn ventilasiestelsel by ʼn sjokoladefabriek onklaar geraak het.

Die Lindt & Spruengli-maatskappy het Dinsdag plaaslike berigte bevestig dat daar ʼn fout was in die ventilasiestelsel op ʼn lyn vir krummels geroosterde kakaobone in sy fabriek in Olten, tussen Zürich en Basel. Die krummels is dele van fyngemaakte kakaobone en vorm die basis van sjokolade.

Saam met sterk winde Vrydagoggend het die poeier in die onmiddellike omgewing van die fabriek begin versprei en ʼn fyn kakao-stoflaag veroorsaak.

Die maatskappy het gesê een motor is met die fyn stof bedek en het aangebied om die motor te laat skoonmaak.

Bedrywighede by die fabriek kon voortgaan en die maatskappy sê die stof is absoluut skadeloos vir mense en die omgewing.

Die ventilasiestelsel is intussen herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andréas ·

Een motor in Switzerland word vuil… Goed. Hul bied aan om dit skoon te maak nadat hul erken hul filtrasie was foutief. Sleg. Daar gebeur min anders daar as dié gebeure internasionale nuus haal…. Nes paar dae gelede se berig van twee supermotors (in meeste bo-middelklas Duitsers en Switsers se bereik) wat in ongeluk betrokke was en relatief min skade opgedoen het…

Stof ·

Ware soete strome van seën van bowe. Ek bely skaamtelose begeerte na seker die lekkerste lekkerny wat Vader ons oot toegelaat het om te ontwikkel.

Andre ·

As dit my kar was, sou ek hom sommer met die tong gewas het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.