Hoeveel hande? Foto laat mens kopkrap

(Foto: JenMsft/Twitter)

ʼn Foto van ʼn groep vriende wat ʼn drankie geniet, laat mens twee keer kyk as jy die hoeveelheid drankies met die sigbare hande vergelyk.

Die vraag op almal se lippe is: “Hoeveel mense is in dié foto?”

Die foto wys die groep stappers wat glasies klink, maar alhoewel daar vier bottels in die foto is, sien meeste mense net drie hande. Vreemd genoeg lyk dit of die vierde botteltjie op sy eie in die lug hang.

Kyk nou bietjie nader: die vierde persoon het ʼn kamoefleerbaadjie aan en dit is hoekom mens nie dadelik sy mou raaksien nie.

Die vreemde optiese illusie laat duisende op sosiale media kopkrap. Die foto is aanvanklik op Reddit gedeel en later ook op Twitter. “My brein weier om te glo daar is vier mense in die foto!” het die gebruiker @JenMsft op Twitter gesê.

“Dis die enigste keer dat ek kamoefleerklere werklik sien werk!” het een persoon in die kommentaar gesê.

En as jy nog steeds sukkel om die vierde arm te sien …

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kirst ·

Wonder niemand hoekom die persoon met die baard ‘n romp aanhet nie?

Vrijburger ·

Dit is ‘n ‘kilt’. Moet dit nie waar om vir ‘n Skot te se hy dra ‘n romp nie.

Natasha ·

Wat laat jou dink dis net die 1 ou wat ‘ n kilt aan het?

Nico Strydom ·

Dagsê Natasha
Dit is nou bygevoeg.
Vriendelike groete
Maroela Media

Misky ·

@Kirst, jy is reg en lekker lag ek nou!!!!! Baie skerp van jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.