Hoeveel van dié vaardighede het jy onder die knie?

Argieffoto (Foto: Andy Gries/Pixabay)

Daar is ʼn paar vaardighede wat mens in die lewe moet aanleer – dinge wat jou kan help om ʼn goed afgeronde mens te wees en vaardighede wat jou ʼn kundige en onafhanklike persoon maak.

Jy hoef nie ʼn gekwalifiseerde werktuigkundige of elektrisiën te wees nie, maar as jy die basiese vaardighede onder die knie het, dan kan jy minstens jouself uit ʼn penarie help.

Van die vaardighede is nie lewensbelangrik nie (soos hoe om te ysskaats of hoe om ʼn boom te klim), maar vaardighede soos hoe om ʼn motor se band om te ruil, watter eetgerei om te gebruik of selfs hoe om ʼn hemp te stryk, kan jou help om onafhanklik te wees.

Hier is ʼn paar basiese vaardighede. Hoeveel het jy onder die knie en kan jy aan nog ʼn paar dink?

  • Hoe om fiets te ry
  • Hoe om te swem
  • Hoe om boom te klim
  • Hoe om perd te ry
  • Hoe om te ysskaats
  • Hoe om te fluit
  • Hoe om jou vingers te klap
  • Hoe om te knipoog
  • Hoe om te huppel
  • Hoe om ʼn mes en vurk korrek te gebruik
  • Hoe om ʼn tafel korrek te dek
  • Watter eetgerei om bv. by ʼn driegangmaaltyd te gebruik
  • Hoe om ʼn eier te kook
  • Hoe om ʼn stukkie vleis te braai
  • Hoe om ʼn kampvuur aan te steek
  • Hoe om ʼn padkaart te gebruik (sonder GPS)
  • Hoe om ʼn kragprop te bedraad
  • Hoe om ʼn motor se band om te ruil
  • Hoe om ʼn motor se water- en olievlakke na te gaan
  • Hoe om oorbrugkabels te gebruik wanneer ʼn motor se battery pap is
  • Hoe om ʼn begroting op te stel
  • Hoe om ʼn baba se doek te ruil
  • Hoe om ʼn duvet se sloop te vervang
  • Hoe om ʼn hemp te stryk
  • Hoe om ʼn knoop aan te werk
  • Hoe om ʼn das te knoop
  • Hoe om KPR toe te pas
  • Hoe om die Heimlich-maneuver toe te pas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Strandloper ·

Die “KRP” mors biekie met my kop…wat is dit?…onthou die “KP”…is die R vir die rapoker gedagtetjie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Strandloper

KPR (kardiopulmonêre resussitasie) is ‘n kombinasie van reddingsasemhaling en borsdrukke wat op ‘n pasiënt met klaarblyklike hartstilstand toegepas word. Dit is ‘n noodhulptegniek wat poog om die pasiënt by te bring of sy sirkulasie aan die gang te hou tot gespesialiseerde hulp opdaag.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ben ·

CPR in engels, mar ek self nie seker waarvoor die R staan nie

Strandloper ·

Dankie Suné….ek persoonlik het meer van die ou oopbek tegniek gehou…op n mooi vrou…

Nettie ·

Ek kan omtrent alles doen behalwe:

(4) Perdry (ek’s te vet)
(5) Ysskaats (ek is te vet) en ….

(22) Ek kan ‘n babadoek omruil, maar ek weier, want dit is nie my kind nie ….

charmaine ·

Lekker lag ek nou vir myself uit die lys kan ek (dink ek nog) 11 doen.
Fiets ry, swem, vingers klap, knipoog, huppel(dalk gaan die gewig my omgooi),mes en vurk te gebruik, begroting, duvet sloop vervang, stryk(net as ek moet),knop aanwerk(moet net nie die agterkant kyk nie). Doek ruil nee 25jaar terug gedoen wil nie weer nie!

Jo-anli ·

Heimlich manuever het my al 5keer gered. My man en seun wat my gehelp het . Ek verstik verskriklik maklik. KPR het ek geleer van jongs af.

Botterblom ·

Ek moet sê, ek kan met gemoedsrus sê ek kan amper alles, maar dalk nie perfek nie… Ek dink net op die ouderdom gaan ek dalk bietjie moeilik en stadig gaan, vroëer was ek jonk en fiks en als vinnig gedoen, ysskaats gaan ek ‘n totale mis gee… was nie goed op rolskaatse nie en gaan dus my alie sien…

Kwaaikie ·

O gonna ek is in my mur…. ek kan darm ‘n band omruil (of deesdae bel ek net die AA) en watse nonsese is die fance smansy hoe om mes en vurk REG te gebruik? En tafel dek… rêrig net vir grênd mense wat dit doen – ons eet sommer braaivleis met ons vingers

AmY ·

Ek kan so 22 doen.
So twee goed het ek lanklaas gedoen, so ek moet eers weer kyk of ek dit nog kan doen.

Ruben ·

Alles doen.
Men’s (man’s) kan nog n paar by las.
Kettang saag gebriuk
16 pd hammer slaan
Ens

Delta ·

Interessant om kommentaar te lees – vrouens oor die alg eerlik en volwasse. Mans gee weer ‘n meer ‘ego-gedrewe’ antwoord :)

Poppie ·

Ek kan al die goed doen en nog meer. Tot valskerm spring. Die lys is te maklik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.