KFC-Crocs se hoenderskoene binnekort op die rak

Foto: KFC

Die kitskosrestaurantgroep Kentucky Fried Chicken® (KFC) het met Crocs saamgespan om ʼn paar hoenderskoene te vervaardig.

Die eerste in die reeks van dié skoene staan as KFC X Crocs Bucket Clog bekend. Dié avant-garde weergawe van ʼn platformskoen is Dinsdag vir die eerste keer deur die kunstenaar Me Love Me a Lot (MLMA) bekendgestel tydens New York se modeweek.

Die tweede skoen in die reeks, KFC X Crocs Classic Clog, (ʼn klassieke Crocs-weergawe), sal na verwagting van September 2020 vir die publiek beskikbaar wees om te koop.

“ʼn Kombinasie van ons onmiskenbare handelsmerk en die “KFC Bucket” met die ongeëwenaarde gemak en styl van Crocs, is hierdie skoene wat gebraaidehoenderdrome van gemaak word,” sê Andrea Zahumensky, die hoof- bemarkingsbeampte van KFC in die VSA, in ʼn verklaring.

Die skoene het ʼn realistiese KFC-hoenderpatroon en grafika van die ikoniese KFC-emmertjie. “Die skoene kom ook met twee Jibbitz™ wat soos hoender ruik en soos ʼn hoenderstukkie lyk. Dit is ʼn Original Recipe® vir sukses!” voeg Zahumensky by.

Terence Reilly, hoof- bemarkingsbeampte van Crocs, het gesê hulle is ook opgewonde oor die vennootskap met KFC. “Dit beloof baie pret vir aanhangers en is ʼn modeneiging vir ons klassieke klomp. Ons is geëerd om deel te wees van die bekendstelling van dié twee ikoniese Amerikaanse handelsmerke by New York se modeweek.”

Die KFC X Crocs Classic Clog sal teen $59.99 (sowat R890) beskikbaar wees. Aanhangers kan by Crocs.com registreer om in kennis gestel te word sodra dié hoenderskoene beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marius ·

Dalk kan iemand reuk weerder patenteer wat soos die Vaal se water ruik . Sal goed vermeng met die geur van ongewasde hoender plakkies ……

wilhelm ·

Nee wat dit lyk glad nie mooi vir my nie dis
hoenderagtig smaakloos

Agter die skerms..... ·

Lekker lag ek nou – KFC skoene agge nooit – die honde sal jou bestorm as jy dit aantrek. Chicken for free…….

Bloedhond ·

Ek wonder of die ouens met ‘n “Foot Fetish” dit onweerstaanbaar vind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.