Klerewinkel stuur dieetstafies saam met bestellings

‘n Voorbeeld van die Atkins-stafies wat saam met ‘n bestelling versend is (Foto: jessemarisaelao/Twitter)

Die Amerikaanse klerehandelsmerk Forever 21 het om verskoning gevra dat hy dieetstafies saam met bestellings na sy klante gestuur het.

Die handelsmerk is skerp veroordeel op sosiale media vir die Atkins-dieetstafies wat saam met aanlyn bestellings verskeep is, insluitend plusgrootte bestellings. Atkins bemark dié stafies as lae-koolhidraat versnapering vir gewigsverlies, berig CNN.

“Ek het ʼn baaikostuum by Forever 21 gekoop en hulle het ʼn Atkins-stafie vir my saamgestuur,” het een Twitter-gebruiker gesê. “Dankie dat julle my daaraan herinner dat ek nie ʼn strandlyfie het nie.”

Talle wou weet of die dieetstafies slegs saam met plusgrootte bestellings uitgestuur is, maar Forever 21 het dit ontken. Volgens CNN het die handelsmerk in ʼn verklaring gesê hy het die gratis dieetstafies saam met alle bestellings en groottes uitgestuur.

“Forever 21 verras soms ons klante met gratis toetsprodukte van derdepartye in hul aanlyn bestellings,” het die maatskappy gesê. “Die betrokke gratis produk is by alle aanlyn bestellings ingesluit, vir alle groottes en in alle kategorieë. Dit word slegs vir ʼn beperkte tyd uitgestuur en is intussen verwyder. Ons vra om verskoning vir enigiemand wat aanstoot geneem het. Dit was nie ons bedoeling nie.”

Ander sosialemediagebruikers het egter die maatskappy verdedig en gesê dis bloot bemarking en klante is oorsensitief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nika

As oorgewig mense kamakastig so trots is op hulle gewig hoekom vat hulle aanstoot tot sulke goed?

???

wie het gesê hulle is “kammakastig trots”?

Petra Botha

Ag tog….drama soekers…eet die stafie en hou op kla. dit was immers verniet en slegs n teken van welwillendheid. As daar niks is om oor te kla sal sekere mense altyd iets vind.

Bly stil

Dit sou my selfbeeld vernietig het! Ek “judge” myself elke dag oor hoe ek lyk. Ek eet reg, ek oefen x4 keer ‘n week – maar die gewig sukkel, so as ek ‘n swembroek ‘n size kleiner kan bestel, maak dit my dag en voel al my harde werk is nie verniet nie, ek sou dit ook persoonlik gevat het as ek ‘n dieetstafie bygekry het. Dink net aan mense wat lei aan depresssie, mense is te gou om te judge as jy nie in daai posisie is nie. (PS: Ek is nou ‘n gesonde Size 36, oppad na 34… Lees meer »

gratis is lekker

1ste wereld probleme! na al die belasting wat ek moet betaal, is ek te bly as ek iets verniet kry!