Krokodil loop al drie jaar met band om nek

Die krokodil met die buiteband om sy nek

Owerhede in Indonesië is raadop met ʼn krokodil wat al minstens drie jaar lank ʼn buiteband om sy nek het.

Die byna 4 meter lange krokodil is vir die eerste keer in 2016 opgemerk met die motorfietsband om sy nek en pogings om dit te verwyder, was tot dusver onsuksesvol. Die natuurbewaringskantoor in Sentraal-Sulawesi het in Januarie selfs ʼn kompetisie van stapel gestuur in ʼn poging om hulp van die publiek te bekom.

Die kompetisie is intussen gekanselleer omdat hulle nie hulp van die publiek kon bekom nie. Die organisasie het nie self genoeg hulpbronne gehad om telkens die wilde krokodil op te spoor nie.

Die ministerie van omgewingsake het intussen hulle hulp aangebied.

Die krokodil, een van ʼn bedreigde spesie, het al verskeie hindernisse oorkom. Hy het al tsoenami’s en aardbewings oorleef wat Palu getref het. Ondanks die rampe bly die buiteband om sy nek soos wat hy groei.

Daar is kommer dat die krokodil uiteindelik sal versmoor wanneer hy te groot raak vir die buiteband.

ʼn Natuurbewaarder, Muhammad Panji, ook bekend as Panji the Adventurer, het vroeg in 2018 tevergeefs probeer om die krokodil met hoenderstukkies na droë grond te lok, maar die reptiel het geen belangstelling getoon nie. Panji kon nie die band verwyder nie.

Lokvalle is ook al vir die krokodil gestel, maar hy het dit telkens ontduik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Suzette ·

Kan daar rêrig niemand op die aardbol wees wat hom kan help nie. Steve sal dit sommer tjoef tjaf gedoen het.

Asgat ·

Jy vat die woorde uit my mond uit …. Steve Owen sou ingespring het die krokodil gestoei het tot hy moeg was en die band afgehaal het…

Tino ·

Hoekom moet iemand anders dit doen, hoekom gaan sort julle 2 nie die kwessie uit nie? Aanhouer wen…

HBK ·

Ons kan seker een van ons parlements lede stuur. Hulle het altyd al die antwoorde.

Kokkie ·

HBK, ek dink nie jou voorstel gaan werk nie. Dis darem te veel van ‘n belediging vir die krokkie. Geen krokodil is darem so dom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.