Ma hou wag terwyl welpies drink

Foto: Vinod Goel

ʼn Foto, wat vandag vyf jaar gelede geneem is van ʼn familie tiere, doen weer die ronde op sosiale media en ontvang steeds lof.

Parveen Kaswan, ʼn beampte van die bosboudienste in Indië, deel gereeld foto’s en video’s van die Indiese natuurlewe. Toe hy weer dié foto op Twitter gedeel het van vier welpies wat water drink terwyl hul ma wag hou, het dit vinnig weer op sosiale media versprei.

Die foto is op 28 Februarie 2015 deur natuurfotograaf Vinod Goel geneem by die Tadoba Andhari-natuurreservaat in Maharashtra. Hy het dit in 2018 op Facebook gedeel en verduidelik die welpies was tussen drie en vier maande oud toe die foto geneem is.

Kaswan meen sulke tipe foto’s bevorder vertroue in natuurbewaring.

“Briljant!” het een Twitter-gebruiker reageer. “Majestueus!” skryf ʼn ander. “Hoekom is hulle so gevaarlik mooi?” wou nog een weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.