Dokters het aan ʼn vrou in Florida gesê die kans is groter dat sy die lotery sou wen as om geboorte te skenk aan twee tweelinge in dieselfde jaar.
Alexzandria Wolliston meen egter sy het wel die boerpot gewen met die geboorte van Mark en Malakhi in Maart en Kaylen en Kaleb in Desember.
Alexzandria sê haar driejarige dogter het haar gehelp om voor te berei vir dié dubbeldosis tweelinge. “Sy was eintlik erger as hulle – sy was soos twee babas in een!” het die ma geskerts.
Twee maande ná Mark en Malakhi se geboorte op 13 Maart het Alexzandria gehoor sy is weer swanger. Kaylen en Kaleb is op 27 Desember in West Palm Beach gebore. Kaleb is Maandag uit die hospitaal ontslaan en sy hoop om Kaylen binnekort huis toe te bring.
Sy het onlangs uitgevind albei haar oumas het tweelingseuns met geboorte verloor, en daarom glo sy haar vier babas is ʼn seën van Bo.
- Alexzandria Wolliston saam met Kaylen en Kayleb wat op 27 Desember 2019 gebore is (Foto: Alexzandria Wolliston)
- Mark en Malakhi wat op 13 Maart 2019 gebore is (Foto: Alexzandria Wolliston)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Realiteit gaan nog inskop as die 1ste 2 kruip en die ander 2 skree vir eet en dan begin die 1ste 2 loop en hol om aan te jaag vinniger mos as ‘n grootmens en die jongste 2 kruip en staan op……Sy gaan beslis die prys vir besigste Mamma wen vir 2020 , 2021, 2022 ……
Selfde het met my skaap gebeur , vier lammers in een jaar ……
Hoe op dees aarde gaan die arme vrou dit bekostig, vier babas op doeke en melk hou??
En dan tog skoolfonds op een of ander tyd. Genade!
Ek het nog altyd en sal altyd se , n TV is baie goedkoper hehe
Ek wonder nou net ….
Nêrens word daar iets genoem van die babas se pappa nie?
Het die aarde hom ingesluk of waarheen het hy verdwyn? Hy kan mos ook help?
Sterkte Mamma, jy gaan dit nodig kry!