ʼn 27-jarige astrofisikus van Australië moes hospitaal toe gaan toe vier magnete in sy neus vasgesit het. Daniel Reardon het gepoog om ʼn armband te ontwerp wat mense sal verhoed om aan hulle gesigte te raak tydens die koronavirus-pandemie.
Reardon het aan The Guardian gesê hy wou ʼn stroombaan bou wat ʼn magnetiese veld sou registreer. “As ons dus magnete aan ons gewrigte dra, dan kan ʼn alarm afgaan as jy dit te naby aan jou gesig bring. Ek was bietjie verveeld tydens isolasie toe ek daaraan gedink het.”
Hy het eers probeer om die magnete aan sy oorlob en neus vas te maak, maar “dinge het van daar af vinnig begin skeefloop toe ek ʼn magneet aan my ander neusgat vasgemaak het”. Die twee magnete het in sy neus aanmekaar vasgesit en toe hy van sy ander magnete wou gebruik om dit te verwyder, toe het hulle ook vasgesit.
“In hierdie stadium het ek nie meer magnete oor gehad nie,” het hy bygevoeg. Sy vriendin het hom na ʼn hospitaal geneem waar sy werk, “want sy wou hê al haar kollegas moet vir my lag”.
Die magnete is suksesvol verwyder.
Lees die oorspronklike berig op The Guardian.
Ai ja jaai…
Klink vir my na redelike sterk magnete. So, wat het gebeur as hy by ‘n staalkoesyn of die yskas verbyloop – het sy kop vanself in daardie rigting gedraai? :)
Haha haha!!!
Was net jou hande gereeld my ou
Ek het nou lekker gelag!
Hulle noem dit die ID10T test.
“n Boereraat wat werk in plaas van die magnete…….. Een rol Maskeerband en 10 vishoeke. Een vishoek aan elke vinger en ek waarborg resultate. Jy sal net eenkeer aan jou gesig vat en nooit weer.