Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land toegespreek oor maatreëls wat tans toegepas word om die koronavirus-pandemie te beheer.
Lees meerAlles vir Maandag 30 Maart 2020
Van Gogh-skildery tydens afsonderingsperiode gesteel
ʼn Skildery van Vincent van Gogh is uit ʼn museum in Nederland gesteel wat gesluit is as deel van die land se pogings om die koronavirus-pandemie te beheer.
Tussentydse hoof verlaat SA Express
Die raad van direkteure van SA Express het Maandag gesê die maatskappy se tussentydse uitvoerende hoof, Siza Mzimela, verlaat die lugdiens ná slegs 18 maande “om ander opsies te oorweeg”.
Video: Kyk Ramaphosa se toespraak hier
Die president sal na verwagting om 19:30 terugvoer gee oor die vergadering van die nasionale beheerraad.
Covid-19: Solidariteit hof toe oor SEB as voorvereiste
Solidariteit is ten sterkste gekant teen die staat wat hierdie ekonomiese krisis misbruik as ʼn geleentheid om sy rasse-ideologie uit te brei.
Terug hof toe vir Thandi Modise
Thandi Modise, speaker in die nasionale vergadering, het op 24 Maart vanjaar versuim om op klagtes van dieremishandeling teen haar te verskyn.
Drie weke lange afsondering begin in Zimbabwe, Lesotho
Algehele landswye afsondering het Maandag in Zimbabwe en Lesotho begin om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) te beperk.
Pogings vir sigaretverkope steeds onsuksesvol
Pogings van rokers, die kleinhandel en sigaretvervaardigers om sigarette tot ‘n noodsaaklike item verklaar te kry wat tydens algehele afsondering verkoop mag word, het tot dusver misluk.
Dit is amptelik: Olimpiese Spele met presies ’n jaar uitgestel
“Met hierdie aankondiging is ek seker dat ons hierdie ongekende uitdagings kan oorkom. Die mensdom bevind homself tans in ’n donker tonnel. Die Olimpiese Spele kan die lig aan die einde van dié tonnel wees.”
Covid-19-samevatting: Watertekort, ontvoerings nou volop
In Namibië is 14 Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders in kwarantyn geplaas.
Regering mag afsondering afdwing, sê hof
Hoewel die tydperk van algehele afsondering bepaalde menseregte skend, is dit nodig ten einde ander regte te beskerm.
ToekomsVenster: Afsondering en dankbaarheid
Die skrywer vertel dat sy aanvanklik baie negatief gevoel het oor hierdie tydperk totdat die Heilige Gees haar oortuig het om anders daarna te kyk. Dit bring haar by die mooi en betekenisvolle term; “die fees van afsondering”.
Die wêreld in foto’s – 30 Maart 2020
Só lyk die kleinste land ter wêreld wat ook die setel van die Rooms-Katolieke Kerk is.
Foto’s: Só lyk Pretoria se strate tydens inperking
Pretoria se paaie is stil. Die verkeersligte verander van oranje na rooi en weer terug na groen, maar daar is nie ʼn motor in sig om die ligte te volg nie, selfs die hoofweg het net spikkels motors hier en daar.
Kan Wagter of Sokkies Covid-19 kry en oordra?
“Owerhede moedig troeteldiereienaars steeds aan om hul hande te was voor- en nadat diere, hul kos en hul voorrade hanteer word en mense moet dit vermy om hul troeteldiere te soen.”
Maroela-fontein: Geen afsondering nodig in dié dorpie nie!
In hierdie dorpie het hulle nog nooit eers gehoor van die koronavirus nie en “algehele afsondering” klink soos iets uit ʼn Deon Meyer-spanningsverhaal.
Inwoners ‘uit huise gedwing weens Covid-19’
Die oord gaan dalk as kwarantynsentrum gebruik word vir mense wat moontlik Covid-19 het, maar inwoners kla húlle is nou uitgelewer aan die virus.
Kernwapens en kernterreur
Hoewel kernterreur ’n vreesaanjaende vooruitsig is, moet dié vrees in perspektief geplaas word.
Kweek gesonde gewoontes tydens inperking
“Kom ons weer eerlik, ʼn bak aartappelskyfies voor die televisie is baie meer verleidend as ʼn handvol wortelstokkies!”
Covid-19: Buchan het virus glo voor Mighty Men gehad
“Diegene wat in kontak was met Buchan moet hulself laat toets.”