Covid-19: Solidariteit hof toe oor SEB as voorvereiste

Argieffoto (Foto; AlexanderStein, Pixabay)

Solidariteit het vandag ʼn dringende aansoek op die presidensie en verskeie ministeries beteken om duidelikheid oor spesifikasies te eis rakende die voorvereistes wat aan klein besighede (KMMO’s) gestel word om vir befondsing te kwalifiseer.

Die saak is geskeduleer om op 28 April in die Noord-Gautengse hooggeregshof gehoor te word. Dit volg nadat Solidariteit op 25 Maart ʼn klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekomissie (SAMRK) gelê het teen die regering se planne om die toestaan van krisisbefondsing aan klein, middelslag en mikro-ondernemings onderhewig te maak aan swart ekonomiese bemagtiging.

“Dit is nie nou die tyd om hulp aan klein ondernemings wat in nood verkeer as ʼn blote rasse-som te verreken nie,” sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidsregsdienste. “Die besighede is meer werd as dit. Die regering poog om ʼn rasse-som te laat klop en uiteindelik ly die hele Suid-Afrika daaronder.”

Solidariteit is ten sterkste gekant teen die staat wat hierdie ekonomiese krisis misbruik as ʼn geleentheid om sy rasse-ideologie uit te brei. “Die regering kan nie sterk wees ten opsigte van die ingrypende mag van die staat wat die inperkingsregulasies betref, maar vaag wees oor die maniere waarop hy klein ondernemings tot hulp kan wees nie,” voer Van der Bijl aan.

Geen duidelike maatstawwe ten opsigte van die bepaling van wie vir die SMME-hulp kwalifiseer, is beskikbaar nie. “Ons dring daarop aan dat hierdie inligting bekend gemaak word. Dit skep verwarring wanneer die minister beweer dat die staat se skyfie-aanbieding oor die aansoek van KMMO’s vir noodfondse fopnuus is wanneer dit in werklikheid nie fopnuus was nie. Die regering mag van die skyfievertoning afstand gedoen het, maar dit is duidelik dat hulle steeds vasklou aan hul rassebenadering. Solidariteit sal nie toelaat dat ʼn gebrek aan inligting wat beskikbaar gestel word, gebruik word om die staat se rasse-ideologie in hierdie krisis ongesiens te bevorder nie.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael 1 ·

Die regering en hulle president vra vir eenheid maar weier om hulle diskriminernde optrede teen wit minderhede te staak, en nou is die DA doodstil en dit is meer walglik as die weermag wat volgens hulle die DA, mense wat nie die inperking reels nakom nie laat opstote doen .

Jaco ·

As wit besighede wel gehelp word, sal dit met drakoniese voorwaardes wees soos, ons help julle nou, maar oor ‘n jaar moet julle volledig vir BEE en regstellende aksie getransformeer wees, anders vat die staat julle oor sonder vergoeding.
So, my raad aan wit besighede: bly weg vanaf enige deals met die ANC-beheerde staat. Hulle het te veel verskuilde agendas.

Pieter ·

Die ANC wys vinnig vir FW daarop dat Apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is. Die ANC pas nou omgekeerde Apartheid teen die Wit minderheid toe. Is dit dan nie ‘n misdaad nie of is die wittes nie (dom) mense nie?

Joggie ·

ANC beleid al weer meer belangrik as dit wat vir Suid AFrika belangrik is!!

Piet ·

Dankie Solidariteit. Ons wil almal graag sien wat is die regering se regte kleur. Hul diskremenerde beleid sal nie stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.