Maroela-fontein: Geen afsondering nodig in dié dorpie nie!

Moenie laat die verlange jou onderkry nie. Kom kuier by maroelamedia.co.za

Daar is ʼn dorpie waar kinders nog in die strate speel en grootmense tot laataand nog om die braaivleisvuur sit en kuier. In dié dorpie word familieresepte uitgeruil en boererate gedeel. Saterdae is markdag en jy bel nie iemand ná 14:00 op ʼn Sondagmiddag nie – dis wanneer almal gaan skuinslê.

In hierdie dorpie het hulle nog nooit eers gehoor van die koronavirus nie en “algehele afsondering” klink soos iets uit ʼn Deon Meyer-spanningsverhaal.

Dié dorpie is Maroela-fontein en jy kan saam kom kuier!

Maroela-fontein is deel van Maroela Media en dit is natuurlik net ʼn digitale dorp – dis ʼn dorp wat in ons harte bestaan, maar ʼn plek waar ons kan tuis en veilig voel asof dit ons geboortedorp is.

Hier in Maroela-fontein kuier ons nog sommer in ons duisende saam! Kom maak jou ook tuis, die burgemeester staan gereed om jou met ope arms te verwelkom.

As Maroela-fonteiner geniet jy sommer baie lekker voordele wat nie vir gewone Maroela-lesers beskore is nie. Jy verdien boonop tiekies en erebalkies elke keer wanneer jy by die dorpie kom inloer. Stuur ʼn e-poskaart (veral nou dat ons in die werklikheid sosiaal moet isoleer) en laat weet ons hoe ʼn artikel jou laat voel deur die pittige emosiekarakters bo-aan elke bladsy. Jy kan ook kommentaar lewer en met ʼn “duim op” of ʼn “duim af” ander Maroela-fonteiners laat weet of jy met hulle mening saamstem of nie.

Waarvoor wag jy? Kom neem jou intrek sommer nou!

Klik hier om deel te word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Feetjiemens ·

Dankie dat daar nog êrens ‘n veilige en positiewe ontsnapruimte is????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.