Foto’s: Só lyk Pretoria se strate tydens inperking

Pretoria se paaie is stil. Die verkeersligte verander van oranje na rooi en weer terug na groen, maar daar is nie ʼn motor in sig om die ligte te volg nie, selfs die hoofweg het net spikkels motors hier en daar. Daaruit lyk dit of ʼn groot deel van die inwoners van die Jakarandastad die staat van algehele afsondering respekteer.

Aan die ander kant is die winkelsentrums se parkeerareas vol en mense staan in rye om inkopies te doen. Dokters se spreekkamers krioel van mense wat agter handskoene en maskers wegkruip vir die Covid-19-virus.

Nogtans is die besige Pretoria nie meer dieselfde as voorheen nie, selfs die woelige Fonteine-sirkel is tjoepstil en die Gautrein-stasie se hekke is totaal gesluit. Kyk hier hoe lyk die strate van Pretoria vandag:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Petrus Johannes ·

Morgenzon MP dwaal hul rond so as of daar nie probleem is nie.OTM staan hul bankvas.Hoe hierdie virus gaan stop aikona

Rayman ·

Dan moet hulle nie kom fotos neem hier in Nico Smit str. Die karre hou nie op ry hier nie, die lockdown pla nie die mooters nie, ????????

Michael 1 ·

Die atmosfeer kry kans om te herstel ,soos n roker wat ophou rook en sy longe begin herstel .

Michael ·

Dis beslis nie witbank nie, hier lyk dit soos menlyn op n payday vol mense orals

Flemming ·

Wat ? Kom kyk in Fratesweg/Parkerstraat, ek wil vir my hier ‘n tolhek aanbring !

Marthinus Johannes ·

Daardie fotograwe moet in die woongebiede kom foto’s neem dan sien hulle n ander prentjie, hier in Mootstr at heeldag verkeer heen en weer en mense te voet die hele dag asof dit maar net nog n dag is.

LyndiB ·

Ek stem saam dat die strate lekker stil is en is dankbaar dat meeste van ons mense mooi gehoorsaam is en tuis bly soos dit van ons verwag word, maar ek woon naby die kruising van Lynnwoodweg en Jan Shobaweg (ou Duncan) en daar is ‘n permanente beweging van motors, vragmotors en motorfietse – ek verstaan dit nie – waarheen is almal op pad? (Ek het nog nie my voete by die hek uitgesit nie)

Boksombende ·

Hulle moet na die R21 kom kyk. Daar is permanent karre op die pad, alhoewel nie soveel soos normaal nie.

Stof ·

Die publieke parkeerterrein by Biko Hospitaal is vol en mense wag om in te kom. Die verkeer by trauma is ook meer, weens paniek oor die goggatjie, maar nie juis weens die goggatjie self nie. Maar die paaie wat nie voedingsroetes is na Biko nie, is verfrissend stil. Vanoggend oppad na die spreekkamer, was selfs al die verkeersligte vir my groen. Geseënde stofluis, hierdie een.
Mag elkeen wat vandag reis, se reis gunsgevul en geseënd wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.