Tussentydse hoof verlaat SA Express

(Argieffoto: Facebook)

Die raad van direkteure van SA Express het Maandag gesê die maatskappy se tussentydse uitvoerende hoof, Siza Mzimela, verlaat die lugdiens ná slegs 18 maande “om ander opsies te oorweeg”.

“Mzimela het by SA Express aangesluit ná haar rol as ʼn lid van die ingrypingspan wat die lugdiens weer aan die gang moes kry ná sy vliegtuie gehok is,” het Mpho Majatladi, afdelingsbestuurder van bemarking, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Majatladi het die raad en bestuur “binne slegs agtien maande en ondanks alles, groot vooruitgang gemaak om die lugdiens te herstel”. “Alle ongerymdhede wat tot die erodering van bestuurstrukture gelei het, is uitgeroei.”

Majatladi het bygevoeg Mzimela se toewyding en passie was duidelik en sy het gekies om by die span te bly deur groot uitdagings.

“Die raad het reeds 12 maande gelede drie name as aanbevelings aan die aandeelhouers voorgelê om die pos permanent te vul. Ons wag vir terugvoer.”

Thuli Mpse is aangestel as waarnemende uitvoerende hoof vanaf 1 April 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Siza was al voorheen die baas by SA Express. Dis toe die afdraande pad vir die sukkelende maatskappy begin versnel het. Die rede vir hulle ondergang is kader ontplooiing, skelm kaders, kaders wat nie ‘n idee gehad het wat hulle doen nie, ens.
SAX het ‘n monopolie gehad op hulle roetes, met geen kompetisie nie. Nieteenstaande die feit kon die kaders nie ‘n wins wys nie. Te veel snoete in die trog neem ek aan.
Wonder net wie sal vir haar werk gee _-sy het immers bewys dat haar bestuur vaardighede nul tot swak is….

Hekwag ·

Selfde “sad” storie by Denel Aerostructures…. nie ‘n benul hoe om so ‘n besigheid te bestuur nie. Plek was winsgewend, maar nee, breek af, maak toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.