Hy is ʼn chirurg, ʼn myner, Indiana Jones, ʼn onderwyser en nog vele meer. Niemand weet egter wie hy regtig is nie behalwe dat sy Facebook-profielfoto’s wyd op sosiale media versprei word.
“My vriend neem die beste Facebook-profielfoto’s. Hier is sy nuutste foto’s,” het die gebruiker Fender2322 op Reddit, ʼn sosialemedia-webwerf, geskryf. Hy het ʼn skakel na Imgur geplaas waar die foto’s verskyn. Imgur is ʼn webwerf waar prente en foto’s gedeel word.
Facebook-gebruikers doen dikwels baie moeite met hulle profielfoto’s, maar die man se foto’s vat moontlik die koek.
Kom nou mense hy is net n model!! Kyk mooi na die fotos en moenie dat jou verbeelding weg hol nie
Erica, ek dink jys die enigste een wie se verbeelding op loop gesit het. Meskien moet jy net weer die berig staaaaadig gaan oorlees.
Het die foto’s baie geniet. Nogals n kreatiewe man!