Man sterf toe ma se kis op hom val

Samen Kondorura (Foto: Facebook)

Berta Kondurura se begrafnis was veronderstel om ʼn hartroerende tradisieryke gebeurtenis te wees, maar alles het skeefgeloop toe haar kis op haar seun Samen geval het.

Meeste van die nagenoeg 500 000 Torajane wat in Parinding, Indonesië woon, is Christene, aldus die National Geographic, maar hul begrafnisse is gebaseer op die eiland Sulawesi se tradisionele godsdiens, Aluk To Dolo, of “weg na die voorvaders”.

Ná ʼn afsterwe word ʼn liggaam nog lank versorg, soms selfs jare lank. Die begrafnisse kan geliefdes duisende dollar uit die sak jaag en kan dae lank duur. Mense sing en dans en eet varkvleis. Soms word waterbuffels deur die inwoners geoffer.

Die oorledene word egter eers in ʼn versierde kis neergelê en word dan op ʼn toring opgehys, wat as ʼn “lakkian” bekend staan.

Dit is tydens dié eerbiedige oomblik toe alles by Berta se begrafnis skeefgeloop het.

Meer as 20 draers het Vrydag die rooi kis by ʼn bamboesleer op gedra, op pad na die lakkian, het die polisie gesê, berig die Guardian.

Terwyl die mans in die familie die kis op die toring getel het, het een van die bamboesstukke onder die leer geskuif. Die mans en stukke van die leer het geval en van die draers het vinnig op die toring geklim.

Berta Kondurura se begrafnis

Die kis het vertikaal gehang voor dit ongeveer 3 meter ver grond toe geval het. Sommige omstanders het geskree terwyl ander verstom toegekyk het.

Die 40-jarige Samen was egter onder die groep mans en die kis vasgekeer. Hy was een van die laaste mans wat die kis tot bo-op die toring wou stoot.

“Toe die ma se kis op die lakkian geplaas sou word, het die leer skielik geskuif en inmekaar gestort en die kis het geval en die slagoffer getref,” het Julianto Sirati, polisiekommissaris van Tana Toraja-munisipaliteit in Sulawesi, gesê.

Omstanders wou hom onder die hoop haal, maar dit was te laat. Samen het op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk, berig NDTV.

“ʼn Torajaanse begrafnis word gemeet aan die getal en gehalte van die buffels, wat as ʼn tipe geldeenheid dien. Alles oor die begrafnis is hiërargies, en dit bepaal die status van die oorledene se familie. Vir Berta Kondorura se familie was die begrafnis die kans om hul stand in die gemeenskap ten toon te stel – en hoeveel die familie vir hul oorledenes omgee.”

Die polisie het bevind Samen is dood as gevolg van foutiewe konstruksie.

Sirati het aan die Guardian gesê die leer was nie behoorlik versterk nie.

Die familie wou nie klagtes aanhangig maak teen die persone wat die struktuur opgerig het nie. Hulle fokus nou op Samen se begrafnis. Sy kis lê nou langs sy ma sʼn.

WAARSKUWING: Die video kan ontstellend wees vir sensitiewe kykers en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos ·

In Indonesië kry jy ‘n nuwe naam as jy die emmer skop. Hierdie perd sal bv. nou Eksamen heet.

tamboti ·

As dit maar net ‘n kis was, die gedoente lyk vir my soos ‘n swaardiens werkstafel op sy rug, met ‘n sarkofaag bo-op. Die ophemel van die dooies is darem rerig so primitief, al spandeer jy miljoene daarop.

Rerig??? ·

Die voorvaders het besluit genoeg is genoeg. Dat mense so n bohaai kan maak oor n persoon wat oorlede is en dan is hul christene. Oish

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.