ʼn Regte egte liefdesverhaal te midde van die pandemie

Skermgreep uit die video

ʼn Twitter-gebruiker het bewys dat romanse blom te midde van die koronavirus-pandemie.

In ʼn reeks videogrepe wat Jeremy Cohen oorspronklik op TikTok gepubliseer het, het hy die verloop van sy liefdesverhaal met sy buurvrou gedeel. Hy noem haar sy “quarantine cutie”.

Cohen se video is sedert Sondag reeds meer as 8,4 miljoen keer op Twitter gekyk.

Jeremy woon in New York en weens beperkings as gevolg van die koronavirus-pandemie, moes hy kreatiewe planne maak om sy buurvrou te ontmoet.

Hy het haar aanvanklik op die dak van haar woonstelblok sien dans en vir haar gewaai. Sy het teruggewaai. Hy het toe sy telefoonnommer op ʼn papiertjie neergeskryf en dit met sy hommeltuig by haar afgelaai. Sy het sowat ʼn uur later vir hom ʼn teksboodskap gestuur.

Vir hul eerste afspraak het hulle elkeen ʼn tafel gedek – hy op sy balkon, en sy op die dak van die woonstelgebou. Hulle het FaceTime gebruik om met mekaar te gesels.

“Die afspraak het baie goed verloop. Afhangend van hoe lank die kwarantyn voortduur, sal ek dalk in ʼn langafstand-verhouding wees met iemand wat oorkant my bly!” het hy geskerts.

Hy wou haar egter persoonlik ontmoet en het toe “die grootste stap ooit” gevat. Hy het in ʼn groot opblaasbare plastiekborrel geklim en haar op die sypaadjie ontmoet – met ʼn bos blomme in die hand. Die blomme was natuurlik egter saam met hom in die borrel …

Hulle het ʼn entjie gaan stap voor die polisie hulle voorgekeer het. Hulle was gelukkig nie in die moeilikheid nie, omdat die beamptes in daardie stadium reeds van hul liefdesverhaal te hore gekom het en ʼn selfie saam met die paartjie wou neem.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

‘n Positiewe berig ten midde van al die chaos oor korona. Mag hul liefde blom en hulle altyd gelukkig wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.