ʼn ‘Versteekte syfer’ in dié speelkaart

(Foto: WikimediaImages/Pixabay)

ʼn “Versteekte syfer” wat al jare lank in ʼn speelkaart wegkruip, het Twitter vandeesweek laat gons.

ʼn Versteekte syfer agt wat op die agt van diamante gesien kan word, het talle persone verbaas, omdat byna niemand dit al vantevore opgemerk het nie. Die Twitter-gebruiker PlinketyPlink wou weet hoe oud mense was toe hulle die “agt” in die middel van die agt van diamante opgemerk het.

Met die eerste oogopslag sien mens net die agt rooi diamantjies, maar as jy mooi na die wit spasie tussen die diamante sien, dan is die syfer agt duidelik sigbaar.

Meeste Twitter-gebruikers het hul verbasing uitgespreek en hul huidige ouderdom aangedui in reaksie op die vraag. Een het geskryf: “Vandag. Ek is vandag jare oud.”

Een van die ander gebruikers het laat weet hy werk al twee jaar lank in ʼn casino en hanteer vyf aande van die week speelkaarte, en het dit nog nooit vantevore opgemerk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Coreen ·

Paul ..ek is bly vir jou.. gelukkig is dit lekker om op my oudag nog iets te leer

ou nuus...? ·

Rerig, natuurlik is dit ou nuus vir die wat dit al weet…. ekt dit nie geweet nie so dus is dit vir my nuwe nuus? en inderdaad intresant! MM moet asseblief vir die lesers die geleentheid gee waar elkeen sy of haar iets intresants stuur… daar is soveel mense daar buite wat die tipe goed raaksien en hulle kan vir die wat dit nie sien nie, se daarvan?

ou nuus...? ·

Rerig, natuurlik is dit ou nuus vir die wat dit al weet…. ekt dit nie geweet nie so dus is dit vir my nuwe nuus? en inderdaad intresant! MM moet asseblief vir die lesers die geleentheid gee waar elkeen sy of haar iets intresants stuur… daar is soveel mense daar buite wat die tipe goed raaksien en hulle kan vir die wat dit nie sien nie, se daarvan?!!!!

Teach you the bible ·

Do you now a deck of cards teach you thing in the bible. And caleendar .Theres 52 cards the number of weeks in a year ,Theres 365 dot number of days in a year and I can carry on and on

Johann cb ·

Só onopvallend, maar tog só duidelik! Wegkruipertjie se moses!

Jaco ·

Dit is maar net in die manier hoe die diamante gerangskik ie en die vorm van die diamant. Die ranskikking van die diamante is bloot die effektiefste en aantreklikste manier om dit te rankskik. Enige sodanige rangskikking en genoeg verbeelding sal die 8 vertoon. Dis ‘n sosiale media bohaai oor niks. Dit is hiper onwaarskynlik dat dit aspris gedoen was.

Ai ·

@Jaco ek stem saam met jou. Lyk my mense het geweldig baie tyd om oor allerhande goed te ” gons”. Regtig???? Soos jy se sosiale media bohaai oor niks , en presies HOE anders moes hulle nou die diamante gaan staan en rangskik het. Is daar nie meer interessante nuus waarmee mense hulle kan besig hou nie , soos die osoonlaag of iets nie…

ou nuus...? ·

@ jaco en ai….ag julle is so droog! As julle dit nie intresant vind nie, moet dit nie lees nie! Ai,! as jy van die osoonlaag wil weet gaan google dit, niemand gaan jou oordeel nie! @ Teach you the Bible, thank you! I didn’t know that, but I am going to look into it!? very intresting!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.