Foto’s van iemand in ʼn leeukostuum word nou wyd op sosiale media gedeel. Die nuutste ‘leeu’ is glo ook gebruik vir die vervaardiging van ‘n advertensie in reaksie op Maandagaand se voorval.
Scott Simpson, woordvoerder van die Leeupark naby Johannesburg, het vroeër die week aan Maroela Media bevestig dit is een van die park se leeus wat Maandagaand gewaar is. “Hy is gebruik in die verfilming van ʼn toneel vir ʼn plaaslike produksiemaatskappy,” het Simpson gesê.
Hy wou nie bekendmaak watter rolprent of advertensie Maandagaand verfilm is nie, maar het gesê leeus van die Leeupark word gereeld vir verfilming gebruik. “Ons het ʼn paar leeus waarmee die hanteerders gemaklik is wat vir verfilming gebruik word. Dit is glad nie ʼn buitengewone ding nie. Ons het ʼn hele departement wat daarmee werk.”Volgens EWN is die spesifieke leeu wat Maandagaand gebruik is, se naam Columbus en was hy ook voorheen in die bekende Amerikaanse rolprent Blended te sien.
Agganee, Columbus is niks teen dié een nie. Die is ‘n kwaai leeu en hoewel sy stert bietjie kort is verbeel ek my ek sie verskriklike kloue en tanne. Krik my dood.
Haha, seker nou weer Nando’s.
Nando’s het met hoenders te doen, hierdie is seker ‘n Simba chips advertensie! Leeu het seker sy kontaklense verloor…
Die Stormers moet nou oppas, die Leeu is los . Hy soek visvoete om te vreet
Die Stormers moet nou oppas, die Leeu is los en hy soek visvoete om te vreet
Nee dit was ‘n leeu wat op Ellispark moes gespeel het maar in die stad verdwaal het…
Dit herrinner my aan die leeu loop liedjie wat seker by MM verbied word, en ook enige grappies wat verwys na die natuurlike staat van die vroulike lyf, soos bv. Eva se voorkoms.
Reeds 2 keer gesensor!!
Leeutjie leeutjie in my hand……..wie is die beste span in die land?????????:)