Onderstebo gans het net gespog, sê kenners

Foto: Vincent Cornelissen/Instagram

Verskeie sosialemediagebruikers het kop gekrap ná amateurfotograaf Vincent Cornelissen ʼn foto van ʼn onderstebo gans op sy Instagram-blad geplaas het.

Hy het die foto al in Maart in Arnhem in Nederland geneem, maar die foto het onlangs weer opslae gemaak. Talle gebruikers wou weet wat op aarde die gans mee besig is en of die gans dalk ongesteld is.

Cornelissen het almal verseker dat die jong gans beslis gesond was en dat hy net sy vriende wou beïndruk met sy nuwe toertjie.

Die beweging staan in Engels bekend as “whiffling” en word gebruik wanneer voëls vinnig na benede stort en dan ʼn sig-sag-patroon uitvoer. Dit is vermoedelik ʼn verdedigingsmeganisme teen roofdiere.

“Hulle doen dit ook om by hul vriende te spog, byvoorbeeld ‘kyk na my!’” het Cornelissen bygevoeg. ʼn Professor van Istanboel-universiteit het selfs pyle op sy foto bygevoeg om sy studente meer te leer oor aërodinamika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kathleen ·

sulke oulike diere-stories is altyd interessant ! Impressive sou die Ingelse sê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.