Ons kan by dié apies leer van sosiale distansiëring

(Foto: Kiren Rijiju/Twitter)

ʼn Minister van Indië het ʼn foto op Twitter gedeel wat hy beskryf as “die perfekte voorbeeld van sosiale distansiëring”.

Die foto is in Arunachal Pradesh geneem en wys hoe ʼn trop apies in twee reguit rye in ʼn leë pad sit. Die apies sit almal ʼn entjie van mekaar af weg, en is ʼn toonbeeld van dit wat gesondheidsowerhede aanraai om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.

ʼn Man deel piesangs en waatlemoenskywe uit aan die apies wat hulle so goed gedra. Sommige het reeds hul waatlemoenskywe ontvang, en die ander wag geduldig vir hul beurt.

“ʼn Perfekte voorbeeld van sosiale distansiëring naby Bhalukpong in Arunachal Pradesh,” het minister Kiren Rijiju geskryf. “As ons mooi kyk, dan kan diere ons talle noodsaaklike lesse leer wat ons dalk misgeloop het in die haas van ons daaglikse lewe.”

Die beginsel van sosiale distansiëring word grootliks wêreldwyd toegepas waar mense versoek is om tuis te bly en ʼn veilige afstand te hou in rye, by restaurante en ander openbare plekke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Die Wolf ·

Beslis en dit sonder maskers en dreigemente. Miskien n ruilhandel ooreenkoms aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.