Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Lees meerAlles vir Woensdag 29 April 2020
Vlak 4: Dán mag jy gaan draf, maar steeds geen sigarette nie
Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag meer besonderhede verskaf oor riglyne wat van 1 Mei 2020 op koronavirus-vlak 4 sal geld.
Plaaslike bloubessiebedryf blom
Die produksie van die plaaslike bloubessiebedryf het in 2019/2020 tot 18 000 ton verhoog, van 11 700 ton in die vorige seisoen, het ʼn bedryfsvereniging Woensdag gesê.
‘Houdini’-beer ná 10 maande in Italië aangekeer
Hy het vroeër oor vier heinings geklim, insluitend een wat deur hoëspanningelektrisiteit beskerm word, om te ontsnap.
‘Slumdog Millionaire’-akteur Irrfan Khan oorlede
Die Indiese akteur Irrfan Khan, bekend vir sy rolle in “Slumdog Millionaire”, “Life of Pi” en talle ander bekroonde Bollywood-flieks, is Woensdag in die ouderdom van 53 oorlede.
14 dranklisensies in Wes-Kaap opgeskort
Die Wes-Kaapse Drankowerheid (WCLA) het reeds 14 dranklisensies opgeskort en 37 sake ondersoek van oortreding van die nasionale rampregulasies.
Zuma trek sy appèl terug
Oudpres. Jacob Zuma het sy aansoek om verlof tot appèl in die konstitusionele hof teruggetrek.
Covid-19: Terugvoer oor water, welsynstoelaes
Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie en die minister van maatskaplike ontwikkeling het Woensdag voorleggings aangebied oor die verloop van die stryd teen die koronavirus.
ToekomsVenster: Sê ja, leef ja
Begin jou dag deur vir die Here “ja” te sê en te verwelkom wat op jou pad kom.
Man vas wat glo toiletpapier by skool steel
Die man is aangekeer toe hy met rolle toiletpapier ‘n skool se perseel verlaat het.
Skole ‘kan nie volgende week al heropen’
Die departement van basiese onderwys se plan dat skole voorlopig op 6 Mei vir bepaalde leerders heropen, het reeds teenkanting gekry.
Boek-uittreksel: Help! My kind is anders!
“Help! My kind is anders!” is ’n praktiese gids deur Christien Neser wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak. Lees hier ʼn uittreksel uit die boek.
Die wêreld in foto’s – 29 April 2020
Só lyk dié katedraal.
Tshwane terug onder DA-beheer
Die hof het voorlopig ʼn stokkie gesteek voor die magspel wat in Tshwane afspeel.
Nóg verdagtes soek ná transitoroof wat 2 polisielede eis
Ao. Delene Grobler-Koonin en speurdersers. Wynand Herbst is die betrokke dag doodgeskiet.
ʼn Pragtige gesinsfotosessie – oor die grensdraad!
“Ons het só gegiggel hier oor die draad. Ek moes net keer dat ek nie oor val nie.”
VW se laaste spesiale GTI binnekort in SA
Volkswagen het ʼn ryk geskiedenis met beperkte weergawe- GTI’s.
Gratis testamente, dekking vir staatgesondheidsorgwerkers
Die testament en boedelberedderingsmaatskappy Capital Legacy bied gratis testamentkonsultasies en dekking van R250 000 vir die regskostes verbonde aan afsterwe aan alle staatgesondheidsorgwerkers in Suid Afrika.
Politiek begin lang skaduwee uit korona-krisis oor SA werp
Gelukkig gaan daar al meer stemme op dat daar iewers groot fout is. Al meer stemme gaan op dat hier groot denkfoute en dalk nóg meer toepassingsfoute gemaak is en dalk nog meer op pad is.
Ons kan by dié apies leer van sosiale distansiëring
ʼn Minister van Indië het ʼn foto op Twitter gedeel wat hy beskryf as “die perfekte voorbeeld van sosiale distansiëring”.