Man vas wat glo toiletpapier by skool steel

Foto verskaf deur die SAPD

Ontiretse Johannesb Matlou (29) het Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en sakeroof.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Matlou is Dinsdag omstreeks 06:00 in Letlhabile opgemerk toe hy rolle toiletpapier gedra het. Twee polisiebeamptes, wat nie in daardie stadium aan diens was nie, het gesien hoe hy die perseel van ʼn laerskool in Block B verlaat. “Die beskuldigde het weggehardloop, maar die beamptes het hom agternagesit en aangekeer.”

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat Matlou verbind kan word met drie afsonderlike voorvalle van inbrake by dieselfde skool sedert die afsonderingsperiode ingestel is.

Matlou moet op 13 Mei 2020 weer in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

“Altesaam 29 persone is tot dusver in die provinsie in hegtenis geneem in verband met rooftogte by skole. Die verdagtes is op verskeie plekke aangekeer, insluitend Lethabong, Phokeng, Rustenburg, Vryburg, Mogwase, Mahikeng en Ikageng,” het Mokgwabone bygevoeg.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede. Hy maan lede van die gemeenskap om enige verdagte optrede by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MrMagic ·

Trots op die twee beamptes, was nie eers aandiens nie en vang die skelm, Goed gedoen.

Scalla ·

So die man is nou letterlik en figuurlik in die moelikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.