Ooievaarstee gekanselleer toe almal vir baba se naam lag

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

ʼn Swanger ma het skielik ʼn ooievaarstee gekanselleer toe haar familie grappies gemaak het oor die naam wat sy vir haar babaseuntjie gekies het.

Die onbekende vrou het op Facebook haar familie en vriende in sterk taalgebruik veroordeel ná hulle kommer uitgespreek het oor haar besluit om haar seun “Squire Sebastian Senator” te noem.

“Julle praat k** oor my ongebore baba. ʼn ONGEBORE KIND,” het sy in die plasing op Facebook geskryf, wat intussen verwyder is. “Hoe kan julle ʼn ongebore kind veroordeel? Wat is fout met julle? Ek het nooit geweet my familie kan só veroordelend wees nie.”

Sy voer aan die familie het gerugte en leuens oor haar kind versprei. “Nee, ek is nie mal nie. Nee, ek is nie geestelik onstabiel nie. Nee, ek was nie dronk toe ek die naam gekies het nie. Dit is die naam wat ek hom moet gee. Dit is hoe dit sal wees. Dit is sy volle naam. Hy sal nie ʼn bynaam hê nie; hy sal op sy volle en volledige naam genoem word.”

Volgens die vrou dra die naam mag, welvaart en sukses. Sy verduidelik sy het op dié naam besluit weens die familie se verbintenisse met senators en landhere.

“My baba se naam sal ʼn revolusie wees. Dit sal mense dwing om alles te bevraagteken.”

Die plasing is op die sosialemedianetwerk Reddit gedeel waar gebruikers steeds grappies maak oor die kind se naam.

Dit is nie die eerste keer wat ʼn vrou aanvoer sy word veroordeel vir die naam wat sy vir haar kind gekies het nie. ʼn Ma het verlede maand aangevoer haar dogter “Abcde” (uitgespreek “AB-si-dee”) is deur ʼn personeellid van Southwest Airlines-lugredery gespot. Die naam “Abcde” kom minstens vyf keer voor in die VSA-sensusstatistiek tussen 1840 en 1860.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Elize C ·

Kan nie dink dat die ongebore baba veroordeel is nie? Klink eerder of die familie-lede bekommerd was vir wat vir die babatjie voorlê met daardie name. Voornemende mamma’s moet net in gedagte hou dat kinders emosioneel die wreedste wesens op aarde is. Ek kan my net indink watse spot daardie seuntjie deur sy lewe gaan moet verduur oor daardie name wat sy mamma goedgedink het om weens welke goeie redes volgens haar, vir hom te gee. Geen probleem met Sebastian nie, maar die ander twee “byvoegings”….want dit gaan nie regtig deur as “name” nie….? Leer hom dan eerder die waardes van DIT wat jy deur die name aan hom wil toeskryf, maar ek glo nie hy gaan ooit sy mamma bedank vir daardie name nie.

MJ ·

Kies tog net ‘n naam waarmee jou kind kan saamleef.. en nie gespot en geterg word nie. Ai tog. Sommige ouers het sowaar wilde idees!

Willie ·

Simpel vroumens…. sy moet wakker skrik ! Die arme kind gaan sy hele lewe lank gespot word oor die bespotlike naam wat ma iewers uitgedink het.

ai tog !

Siestog ·

Die arme kind… Noem die kind sommer Prince Charles THE SECOND.

wielie ·

Arme baba gaan nou vir haar revolusie moet boet. Gelukkig kan mens jou naam laat verander as jy ouer is …………… sterkte seun jy gaan dit nodig he.

Stuiwer ·

Plaas sy die name omruil. Senator Sebastian Squire, dit klink darem bietjie beter. Haha. Ai tog, mense en hulle vreemde idees.

Cobus ·

Laat my dink aan die Johny Cash liedjie “a boy named Sue”…,, arme kind!

waarheid ·

Wie is julle om te oordeel?
Wie gee vir julle die reg om oor die naam van ‘n baba te stry wat ‘n moeder toepaslik vind?
Ek het dit ook gehad en deurgedruk en was nie ‘n dag spyt nie- niemand het ooit my kinders oor hulle name gespot nie.
Nie almal is soos julle wat graag die vinger wys nie.
Ek sou dit ook gekanselleer het.
Skaam julle.

RN ·

Bly kalm! Niemand praat van jou kinders nie. Mense is geregtig op opinies. Dis veronderstel om die ouers 2 maal te laat dink oor die stupid aanstaande naam vir ‘n arme kleintjie wat nie vir homself kan besluit nie.

Naamloos ·

Stem saam haar kind haar besluit sy maak hom groot. As jy niks goeds het om te sê nie bly stil. Mense wat spot maak seer nie sy naam nie.

Nuuskierig ·

Genadiglik het die familie gelag – sy kan hom netsowel S tot die derde mag noem. S 3

adriana ·

Liewe mamma – breek jou bande met hierdie mense wat so aangaan oor jou kindjie se naam- hulle is nie die naam vriende of familie werd nie.
Verlos jouself van hulle.

Poot ·

En wie gaan haar kind verlos van al die gespottery wat vir hom wag?

net nog 'n naam ·

Dis net ‘n naam, en wat die belangrikste van als is … Die Here sal hom ook by sy naam roep want die kind IS OOK Syne!!

Poot ·

@net nog n naam
Dis die waarheid dat die Here die kind by sy naam sal roep. Maar die Here het die mens gesonde verstand ook gegee om besluite oor jou kind te maak.

Madeleine ·

Ek gaan my seun Komkommer noem en my dogtertjie Vytjie.

Gert ·

Hahahaha! Madeleine jy het my nou lekker laat lag! Mooi dag vir jou.

Denise ·

Baie lelik van die familie om so te lag Swak dit is haar besluit !!!!

kriek ·

Die kind is nog nie eens gebore nie en word al gebullie. Wat gaan aan met party ouers.

Herman Goosen ·

Ja dame,
Hulle gaan “alles bevraagteken” veral die belaglike naam wat jou arme kind mee gaan sit. Moenie ‘n “squire” wees nie, ook nie ‘n “circle” of “prism” nie. Wees meer normal en laat eerder jou kind toe om anders te wees as hy of sy wil.

Gert ·

Hahahaha! Madeleine jy het my nou lekker laat lag! Mooi dag vir jou.

Johan ·

@waarheid,se ons gou wats hulle name dan sal ek die eerste een wees…???Arme kinders wat se ouers nooit aandag gekry het nie…

Carlien ·

Hahahahahaha!!!!!!!!!! Die arme kind wat vir die res van sy lewe aan daai klomp name moet dra..shame..

Andrea ·

Ouers moet tog bietjie dink voor hul kinders name gee… Soos die meisie in my klas wat se naam Selette was. En ons een onnie kon juis so vinnig praat. Arme kind.

riana ·

Ja nee Andrea kan net dink wat het sy op skool deur gegaan. My van is Zietsman en my altyd Zietsvrou genoem. So spot hulle maar vir n mens.

Ek vra maar net? ·

Interesting hoe ons eerste reaksie is om te dink aan hoe die kind gespot gaan word, so wat is ons eerste reaksie dan? Om so kind te spot. Dis nog nie eers dat die kindjie gebore is nie en elkeen wat reeds kommentaar lewer het reeds die kind gespot daarom dat jul gedagtes so by die een topic is. Aan Andrea, die naam Salette is afkoms van Hebrew en beteken “Adornment”. My eie kinders het baie unieke name en hulle elkeen se betekenis is nog soveel meer, veral na God se kant toe. Jesus se jou naam is jou nature!! Ons kyk verkeerd na hierdie situasies en oordeel te vinnig. Met elkeen van my kinders is hul name se betekenis presies hoe hulle is en optree teenoor ander en God. Met my oudste seun was die kommentaar ook al dis te ‘n lang naam of moeilik, maar die ironie, die kinders en maatjies hoor dit eenkeer en die tweede keer spreuk hulle dit perfek uit en van daar gaan hulle verder aan dat dit normaal is, maar die ouers hak vas. So waar is die probleem, kan ons bietjie self ondersoek doen in die een asb. Die hartseer is ons gee nie ons kinders name wie hulle is uit God se oe nie, as die van ons dit doen word daar geoordeel, maar as ‘n kind sy oupa se name kry wat al die sesde of sewende geslag is en die hoeveeslte nefie met dieselfde naam is dit normaal?

Malkoppie ·

Dink net aan al die spelfoute…..en sy maats gaan al by vraag 3 wees dan skyf hy nog steeds aan sy naam.ag nee man dink aan die kindtjie?

My mening ·

Dit klink eerder asof sy die een is wat n ongebore kind vir een of ander gekheid wil misbruik- en dis haar eie kind. Sy klink beslis nie heeltemal normaal nie. Maar die naam is seker beter as die arme Amerikaanse dogtertjie wie se naam Abcde is en waaroor die ma so ontstoke is oor die spottery van die naam!

Gemaskerde Sopbeen ·

Eufesia Ossewania Kakebenia………en toe ken almal haar as Ouma Effie…..

Tienie ·

Gemaskerde Sopbeen. Dit is name wat ons Boere mense vir hul kinders gegee het. Verstommend. Ek kan net my hande saamslaan as ek kinders se name hoor. Ek het myne opregte mooi Boerename gegee. Dit skryf spel en spreek maklik uit.

Ek verbaas my ook wat mense HULSELF noem op hierdie kommentaar lysie. Sommige lagwekkend en sommige sommer………

Porra ·

As die groot mense alreeds spot oor die naam, dink net wat lê vir hom voor as hy skool toe gaan. Kinders is wreed. Dink helder. Jou keuse is baie selfsugtig.

riana ·

Julle moet mens n kind so straf met sulke name. Kinders kan lelik raak die ouers dink nie daaraan nie. Spot gaan hy gespot word maak nie saak wat gebeur nie.

David ·

Ek ken iemand met die naam Lilette. Dink sy word vreeslik gespotMense is lief daarvoor om hulle kinders name te gee wat hulle nie eers kan spel nie. Dink seker n naam kan jou klas gee. Inteendeel…

Mars ·

Ek het nou al DRIE meisies met die naam ‘Candida’ ontmoet! Ek sukkel so om ‘n ‘ straight face’ te hou….. Wat het hulle ouers gedink!

Ounooi ·

Mooi! Ek stem met jou saam. Ouers kan hulle kinders doop wat hul wil, dis die kind se keuse wat hy genoem wil word. Dis nie so verregaande nie? Wat van North West? Dream vir die suster sn en die ander belaglike name wat die Kardashians uitgedink het? Elke ouer kies sy kind se naam na goeddenke, moenie oordeel nie. Julle ouers kon jou Radio of Putupap genoem het. Wat sou julle daarmee gemaak het?

Troedels ·

Dink jy North West gaan nie gespot word nie? Dit het reeds op die internet gebeur toe hulle dit aangekondig het, dieselfde met Gwyneth Paltrow se kind Apple en Michael Jackson se Blanket. Net omdat hulle beroemde ouers het maak dit nie die naamkeuses minder waansinnig nie. En as my ouers my so iets genoem het, sou ek dit verander het die eerste kans wat ek kry.

Hennie ·

As julle lekker wil lag, gaan kyk op ons Afrika landsburgers se id boeke vir vreemde en belaglike name.

Paul ·

En moet jou kind tog net nie ‘n Volkslied se naam gee nie!

Sputnik ·

Ek kan aan nog so ‘n paar boerename dink: Rysterbord (vir ‘n seun – wie ken so ‘n ploeg?), disselboom (seun), tiller, ens.

Anon ·

Party mense is moet net eerder nie ouers wees nie. Soos mense wat ‘n kind wil aanneem en gekeur moet word daarvoor, moet almal gekeur word voor hul swanger word.

waarheid ·

My kinders se name is:
blywegvanmensewathullelangneuseinandersebesluiteindruk en
vermymensewatgifsaaiooriemandsenaam.

$ ·

@Waarheid, waarom praat jy nie eerder die waarheid oor jou kinders se name nie?

AH ·

Die Ma wat haar kind sulke name wil gee dink nie aan die onreg wat sy haar kind aandoen nie. Die arme dingetjie kan nie self kies wat sy name moet wees nie, maar sal sy eerste asemteug af daaroor gespot word. As die Ma nou so sterk voel oor die spottery voordat hy gebore is, moet sy dit 10 keer vermenigvuldig, want dit is hoe die kindjie dit gaan ervaar! Sy het die keuse om iets daaromtrent te doen, hy nie.

Stefan ·

who lives in a pineappel under the sea? SQUIRE SQUAREPANTS!

JAN ·

Herinner aan die kwalifikasies van Paramount Chief Mpata Pata van Ntonto WeSizwe : ‘MPS, FFT & E’
[Meadowlands Primary School, Failed 4 Times and Expelled.]

Karl ·

Daar’s n paar afrikaanse name wat nie veel beter as die is nie.

Valerie ·

‘n Vriendin in Kaapstad het twee honde gehad wat alewig geraas en mense gepla het as hulle kom kuier. Die een se naam was “Me” en die ander een “Grain.” Migraine. Ek lag nou nog daaroor. Toe noem ek my honde “Gran” en “Pa.” Grandpa.

Andrea ·

Name kan hóé mooi betekenisse hê, maar as dit in die volksmond iets anders beteken of moeilik uitspreekbaar is, kan ek jou wed die kind gaan gespot word. Jy sal altyd kinders (en selfs volwassenes) kry wat gaan grappies maak en terg; party lelik, party goedig. Daarom moet mens tog maar dink aan hoe die naam waarvan jy so baie hou, en wat só n mooi betekenis het, gaan klink as jy en die wêreld daar buite, dit uitspreek. Só is my vriendin spyt syt haar seun Theunis genoem, want sy bynaam waar hy werk is nou Gielie. Ons is n nasie met n sin vir humor.

Jen ·

Ek het 14 jaar terug ‘n ou ontmoet in Margate, met die naam Agina. sy bynaam was Enis!

Ek het hom nie geglo nie, tot ek sy ID gesien het.

Nee wat dame, dink weer! jou arme kind!!!

Denise ·

Met n van soos Art was dit net so moeilik en wat is nou snaaks daaraan!!!

waarheid ·

Nuuskurige Agies: My naam is Jan Horrelberg Van Gorrelberg Van Staden en daarby Karpares Bartkeet.

Poot ·

@waarheid
GENADE my maat. Is daai name als gerigestreer by KUSA?

Karen ·

Gaan kyk op YouTube The chase Fanny Chmela, hoe n naam die trane kan laat loop. Ouers moet dink wat hulle doen, n naam moet ook by n van pas, dit kan ook n groot grap afgee.

Daleen ·

Ek vermoed volgende jaar se name wat in die rondte gaan loop in SA sal as volg wees:
Cyril Landgrab
Listeriosa Enterprise
Brexitta…

Cherise ·

Dis wat my ok kwaad gemaak het.daar was gese my kind sal nie haar eie naam kan se eendag nie.vandag se sy ha maam mooi en sukkel met haar mamma se naam.so wats di probleem.haar naam is Alizia-Miëtte en boetie se naam Sean-Corbin.kinders word slim gebore.wat van di kinders wat bv “Apple” genoem word ? Dis snaaks maar uniek vir n naam….los die vrou dat sy haar kinders noem na wie en wat sy wil.die wereld het groter dinge om oor bekommerd te wees as oor n naam.

Oljetter ·

Dis wat jy kry wanneer 16jariges te veel Honey Booboo kyk.

Alta ·

Skerp my mede-Afrikaners. Doe zo voort, ek het lanklaas so lekker gelag.

Johan ·

Baie jare terug is my ouma se suster op die 16de Desember gebore . Dit was toe nog Dingkaansdag. Haar ouers het haar toe Adriana Dingkaanzina genoem.

Johann H Claassen ·

Ha-Ha! Ek lag gewoonlik nie vir ʼn naam nie, maar hierdie een…
SSS – tripple S. Daar was destyds so ʼn Datsun ook.

A Fouche ·

Ek het gehoor van n (arme!) kind, Le-ni, wat haar juffrou vinnig moes reghelp toe dié haar “Lenie” noem. Nee, haar naam is glo “Ledashni”. #truestory
Mense, hou dit maar liefs eenvoudig.?

Suzelle ·

Ek dink persoonlik enige naam is uniek, dis n ouer se keuse en geen een het die reg om bespottings te maak nie, ja elke naam word gespot, maar party keer is mens sensitief oor jou naam.
Spreek die naam oor en oor, dan besef jul watter mooi naam dit werklik is

Cornette ·

Siestog man arme kind. Ek weet waarvan ek praat…ek is al 54 en meeste mense kan nie eers my naam onthou nie – wat nog te sê v spel,hahaha!!
Hulle noem my eerder Corvette (veral deur mans); Cornetto (daai lekker roomys); Cornel; Corrie; Cornie; Cora…EN spel my naam Cornet OF self met ñ K!!

johann du Toit ·

My baba-kleinseun se naam is Hannes, Sy ouer Boetie wat onlangs eers vol sinne begin sê het noem hom Anus,

Jen ·

hahahahah sal nooit weer ‘n “hannes”, Hannes kan noem nie. my dag is gemaak.

Maggie ·

Ek het die Bybelse mame Martha Magdalena en is inderdaad die dienende Martha. Ek glo dus dat jou naam wel jou toekoms bepaal. Die volksvreemde name van daardie klein ongebore baba kán vir mense nou ‘n spottery teweegbring, maar glo my… dit gaan hom vêr bring. Laat sy mamma toe om hom te noem wat sy goeddink.

Lou ·

Dankie almal ek het regtig lanklaas so lekker gelag. Die ou suurknolle sal seker maar altyd met ons wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.