Ouma-beskuit nou ook in pienk ‘gedoop’

Ouma-beskuit spog met ‘n nuwe ‘Barbie ouma’. (Foto: Ouma Rusks/Facebook)

Greta Gerwig se Barbie-fliek verf die wêreld behoorlik pienk sedert dit die silwerskerm vandeesmaand getref het en dit blyk dat nie eens Ouma-beskuit die sogenaamde Barbiekoors kan vryspring nie.

Dié geliefde Suid-Afrikaanse handelsmerk het onlangs ’n foto op sy amptelike Instagram-blad gedeel van die nuwe verpakking van sy tradisionele gesnyde beskuit, waarop die woorde “Ek lyk goed in pienk” in pienk letters pronk.

Terwyl die pienk boks die aandag van pienk- en Barbie-liefhebbers getrek het, is dit egter die voorkoms van die “Ouma” in die Instagram-foto wat die meeste sosialemediagebruikers aan die gons het.

Dié bejaarde vrou se blink, pienk langmouhemp, bonkige pêrelhalssnoer en rooi lipstiffie het omtrent aandag getrek en vir kommentaar soos “Ouma Barbie, hoe mooi!” en “Uiteindelik, ʼn gesig by die naam!” gesorg.

Dit blyk dat die smaak van die handelsmerk se beskuit egter onveranderd bly en slegs die verpakking  ʼn nuwe Barbie‑geur gekry het. Die plasing dui ook nie aan wanneer die beperkte bokse in winkels beskikbaar sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karoo ·

Ag asseblief….. alle eer aan tannie Anna Greyvenstyn wat in 1939 die puik beskuit gemaak het. Na 2013 is dit verkoop en sedert toe smaak dit soos ou karton boks, asof die “pienk” dit nou sal verander. Niks beter as my vroulief se met botter gebakte beskuit met ‘n ruim skoot liefde daarin nie.

Tammy ·

ek hou van beskuit, maar ek koop dit nie baie nie, maar hierdie pienk boksie sal maak laat ek my hele maand se salaris daarop sal spandeer… ek is mal daaroor as mense hulle produkte se tema soos die flieks maak…..#lovepienkkkk

Sê maar net ·

Belaglik. Ouma’s lyk nie só nie. Wat word van ons wêreld?

Fontein Tannie ·

“Uiteindelik, ʼn gesig by die naam!” Jis “Ouma Nannie” Anne Greyvensteyn is in 1890 gebore, sy het begin bak aan die beskuit in 1939 en is in 1988 oorlede. Ek dink nie dis haar gesiggie by die naam nie…

Johann ·

mooi loop ouma, maar in die lig van die huidige het ek my laaste Ouma beskuit gehad

Alexander ·

Julle weet daar is mense wat deesdae ‘n bestaan maak uit “upset” wees (& dus is hul altyd upset oor iets)… en as niemand anders saam hul upset is moet hul ‘n regte werk kry i.p.v. om ‘n upset influencer te wees soos daai mannetjieding wat Barbies gebraai het en ou Ramon van Morning Shot (wie se integriteit bevraagteken moet word) en selfs ou Steve met sy voorwaarts comb-over :)

Cindy ·

Ek is nou nie ‘n liefhebber van Ouma Beskuit nie, maar ek hou van hulle nuwe voorkoms. En die funky oumatjie is pragtig! Dit gaan nou nie maak dat ek die produk koop nie, maar iets nuuts is altyd goed om die oog te trek. Ek dink almal besef dis nie die geliefde Ouma Greyvenstein op die pak nie, maar om so naartjies te raak oor die kleur van ‘n boks en ‘n ouma wat gepas ‘n tema uitbeeld, is wraggies te erg. Mense wip hulle darem vreeslik vir onbenullighede..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.