Pa skrik hom ‘byna dood’ vir gesig in wasmasjien

Foto: @AlxBoardman/Twitter

ʼn Pa sê hy het hom “byna dood geskrik” toe hy ʼn gesig in die wasmasjien opgemerk het – net om uit te vind dit is sy hond se gunsteling- David Bowie-kussing.

Komediant Alex Boardman (47) sê hy het ʼn stukkie hoender vir sy Staffordshire bulterriër, Boo, gegee as ʼn versnapering. Sy het egter nie daarvan gehou nie en dadelik op die kussing vomeer. Hy het toe die kombers en die kussing in die wasmasjien gegooi.

Alex het egter van die bondel vergeet en toe geskrik toe hy die wyle superster se gesig teen die deursigtige deur van die masjien opgemerk het.

“Ek het vergeet ek het die hond se kombers en David Bowie-kussing gewas. Ek het byna ʼn hartaanval gekry,” het hy op Twitter gesê toe hy die foto gedeel het.

Boo het glo die kussing vir haarself opgeëis toe Alex se seun, Luke, dit vyf jaar gelede in ʼn pandjieswinkel raakgesien het, en dit is nou permanent in Boo se hondebed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.