Poste wat oor 50 jaar dalk nie meer sal bestaan nie

Tegnologie maak daagliks ons lewens makliker maar sal waarskynlik beteken dat sommige poste, wat tans nog deur mense behartig word, deur robotte of masjiene vervang sal word.

ʼn Hysbakoperateur was in 1950 nog een van die 270 poste op die sensusdatalys van die VSA, maar dié postitel bestaan nie meer nie.

Oor die volgende 50 jaar sal ons lewe waarskynlik baie verander en poste soos taxibestuurders, bibliotekarisse en selfs kelners en bloemiste sal dalk nie meer deur mense behartig word nie. Hier is ʼn lys van poste wat waarskynlik in gedrang is:

Taxibestuurder

Argieffoto (Pixabay)

Die Los Angeles Times het onlangs voorspel dat selfgedrewe motors en dienste soos Uber waarskynlik sal beteken dat 5 miljoen Amerikaners hul werk as taxibestuurder kwyt sal wees.

Posman

Argieffoto (Pixabay)

Forbes het onlangs voorspel dat poskantoorwerkers soos diegene wat briewe sorteer, klerke en posafleweraars waarskynlik hul werk kwyt sal wees. In 2010 was daar 524 300 poskantoorwerkers in die VSA. Teen 2020 sal daar slegs 385 500 wees – meer as ʼn kwart van die personeel sal ander werk moet soek.

Vlieënier

Argieffoto (Pixabay)

Die New York Post het al in 2016 berig vlieëniers kompeteer met robotte vir hul werk. Vlieëniers maak reeds van rekenaars gebruik tydens die vlug en hanteer die vliegtuig slegs tydens opstyging en landing. Hul meganiese eweknieë word egter reeds opgelei om dié werk ook te doen en mense en vrag sal waarskynlik in ʼn stadium sonder enige vlieëniers rondgevlieg word.

Landmeters

Argieffoto (Pixabay)

Alhoewel gespesialiseerde posisies nog gevorderde opleiding benodig, kan talle persone reeds tot dié bedryf toetree met slegs ʼn matrieksertifikaat. USA Today berig robotika en ander tegnologiese vooruitgang sal waarskynlik meeste van die vaardighede kan hanteer.

Meterleser

Argieffoto (Pixabay)

Jou water- en elektrisiteitsrekening word waarskynlik opgestel danksy iemand wat die meter op jou erf kom neem het. Eenvoudige en goedkoop toestelle wat deel is van massa-energie sal waarskynlik seker maak dat mense nie meer fisies ʼn meter hoef te lees nie.

Busbestuurder

Argieffoto (Pixabay)

Miljoene verskillende bestuurders sal waarskynlik ʼn ander werk moet soek weens selfgedrewe voertuie, waaronder busbestuurders. Selfgedrewe elektriese busse is reeds ʼn realiteit in die strate van Switserland.

Skakelbordoperateur

Argieffoto (Pixabay)

As jy al ooit ʼn onderneming gebel het en dadelik gevra is om knoppies te druk vir verskeie opsies, het jy reeds interaksie gehad met ʼn rekenaar wat in ʼn stadium deur ʼn skakelbordoperateur behartig is. Volgens Forbes sal duisende van dié persone hul werk kwyt wees teen 2020.

Kitskoswerker

Argieffoto (Pixabay)

Kitskosrestaurante is eintlik net fabriekslyne en, net soos wat robotte meganisasie in die motorbedryf en ander aanlegte oorgeneem het, sal kitskoswerkers wat vir jou ʼn burger en skyfies bedien, waarskynlik ook binnekort ʼn ander werk moet soek. Robotte is reeds in New York by die Shake Shack aangestel.

Skeidsregter

Argieffoto (Pixabay)

Die Daily Star het onlangs voorspel dat groot vordering gemaak word wat betref kunsmatige intelligensie en wat daartoe sal lei dat robotte teen 2030 skeidsregters sal wees by Europese sokkerwedstryde. ESPN het ook berig dat die kommissaris van Major League Baseball glo rekenaars – wat nie ʼn fout maak nie – sal waarskynlik skeidsregters in dié sport vervang.

Bloemiste

Argieffoto (Pixabay)

Klante bestel deesdae sommer aanlyn blomme vir iemand. Die afwaartse neiging in die behoefte aan bloemiste is egter só skerp dat Amerika teen 2020 waarskynlik van 6 200 poste ontslae sal raak, aldus die werksportaal Monster.com.

Telebemarker

Argieffoto (Pixabay)

Volgens die Guardian is min poste soveel in gedrang soos telebemarkers en reken daar is ʼn 99% kans dat dié werk ook deur tegnologie oorgeneem sal word.

Kelners in restaurante

Argieffoto (Pixabay)

Die werk van ʼn kelner sal waarskynlik verander wanneer kunsmatige intelligensie robotte kan leer om op te tree as die skakel tussen klante wat kos wil bestel en die kombuis. Robotte is reeds as kelners aangestel by restaurante in China.

Tolke/vertalers

Argieffoto (Pixabay)

Masjienvertaling word al meer as ʼn dekade lank ontwikkel en vertalers het tot dusver gedink hul werk is veilig, omdat rekenaars nie die nuanse, aksente en verskillende dialekte van taal verstaan nie. Tegnologie verbeter egter deurgaans en masjienvertaling is tans ʼn $8 miljard per jaar-bedryf.

Kassiere

Argieffoto (Pixabay)

Talle winkels het reeds rye waar klante self hul produkte kan oplui en daarvoor betaal. Die behoefte aan ʼn kassier word dus deurgaans al hoe minder.

Bibliotekarisse

Argieffoto (Pixabay)

Bibliotekarisse wil dalk nie hoor dat hul werk in gedrang is nie, maar rekenaars het die katalogus en Dewey-stelsel van desimale klassifikasie reeds nutteloos gemaak. Aanlyn soektogte soos Google lei ook daartoe dat biblioteke en bibliotekarisse binnekort ander werk sal moet soek.

Vlugkelners

Argieffoto (Pixabay)

Vlieëniers is nie die enigste werknemers wat verandering sal ondergaan nie. Die Skybot-vlugkelner is reeds in 2012 op vliegtuie geïnstalleer wat vlugkelners help om drankies by passasiers af te laai. Teen 2016 kon Pepper die robot reeds elke passasier se bestelling en vluginligting onthou, versoeke verwerk en inligting verskaf oor ander vlugte – dit het slegs binne vier jaar gebeur, ons kan maar net raai wat oor 50 jaar van nou af gaan gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert

Kan ons dalk nou al reeds taxibestuurderders met robotte, wat geprogrammeer is om reels te gehoorsaam, vervang, asseblief? Groot asseblief!

AW

Wat van die Polisie beampte?

Mens moet maar aanpas of uit pas gaan die vergetelheid in

Die wêreld soos ons dit nou ken gaan heeltemal verander en dit gebeur teen ‘n duiselingwekkende spoed. Tegnologie en die wetenskap gaan ons leefwêreld heeltemal verander en die mens gaan eersdaags, binne die volgende 100 jaar, ander planete koloniseer en bewoonbaar maak. Baie mense is egter nie gereed vir al hierdie verandering nie en dit vervul sommiges met vrees. Hierdie mense wat bang is vir verandering maak hulleself toenemend irrelevant met hulle uitgediende opvattings oor die wêreld wat aanleiding tot ‘n geweldige toenames in depressie and angsaanvalle. Dit wat hulle glo en die snelveranderende wêreld waarin on leef is dikwels… Lees meer »

Disselboom

Dis reg om tegnologie te benut. Tog moet die vraag gevra word of die mens nie besig is om homself onnodig te maak nie? Dink mooi hieroor na voordat jy sommer net dwars hierop reageer: gaan ete net oor ‘n masjienmatige (robotiese) proses van kos tot aangename eetbaarheid om te skakel, of is daar geselligheid en kultuur en vreugde daarin om ‘n ete voor te berei en dan saam of selfs alleen te geniet? En watter vreugde en lewensgenot is daarin om kos van ‘n masjien se rakkie af te haal, teenoor ‘n glimlag en ‘n vinnige groet en dalk… Lees meer »

Marinda

Jy bestel blomme aanlyn, iemand moet seer sekerlik dié blomme rangskik.
Ek sal glo van die biblioteekaresse, ek sien reeds die verandering by ons biblioteek