Rekordbedrag vir wedvlugduif betaal

Armando (Foto: Joël Verschoot)

Twee Chinese duiweboere het om die beurt gebie en die hamer is uiteindelik op €1,252 miljoen (meer as R20,4 miljoen) toegeslaan vir ʼn wedvlugduif tydens ʼn veiling in België.

Die vorige rekord was €376 000.

Armando, België se beste langafstand-wedvlugduif, is Sondag verkoop, aldus die duiweboer-webwerf Pigeon Paradise.

ʼn Gemiddelde prys van €13 489 elk is vir 178 duiwe betaal wat op die veiling verkoop is. Volgens die organiseerders is dit ook ongekend.

Joël Verschoot, Armando se oorspronklike eienaar, het ongeveer €2 miljoen uit die veiling verdien.

Wedvlugduiwe is vermoedelik al in 1200 v.C. gebruik om boodskappe heen en weer te karwei, maar hulle het eers in die 1800’s aan wedrenne begin deelneem. Wedvlugduiwe kan gemiddeld 80 km/h handhaaf en ongeveer 1 000 km aflê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ongeduldige Job. ·

Ek betaal R80 vir ‘n hoender wat baaaie meer vleis aan het. Torries skiet ons met ketties.

JJS ·

Ek kan al my worshond sien smul aan hierdie een. Hy los net die kop en kyk jou met trots aan…

Straussloft ·

LOL jule dink seker dia person wat dai duifie het gekoop dit gedoen om geld temors… Dai duif kry die besta care… wat 24uur n dag gemonitor word…

anneke ·

Gaan my verstand te bowe…….20 miljoen vir iets wat ‘n asem het…..’n risiko wat ek nie sal kan oorleef nie.

anje ·

Wonder of dit vir wedvlugte gebruik gaan word. Dis dalk vir die vervoer van heeltemal iets anders…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.