Sesjarige koop, koop, koop met mamma se kaart

Katelyn Lunt by haar bestellings (Foto: Princess Ria, Twitter)

ʼn Sesjarige in Utah, VSA het op ʼn aanlyn inkopietog gegaan en byna $400 (ongeveer R5 900) se speelgoed op haar ma se Amazon-rekening gekoop, berig KSL in Salt Lake City.

Catherine Lunt het aan “Good Morning America” gesê sy het vir haar dogter gesê sy mag ʼn Barbie-pop aanlyn koop, as ʼn beloning omdat sy haar pligte by die huis voltooi het. Die sesjarige Katelyn het dit gedoen. En toe weer gedoen. En weer ʼn keer. En toe nog ʼn paar keer.

Volgens Catherine het Katelyn ongeveer 10 Barbies gekoop met nog talle ander speelgoed en speletjies op haar Amazon-rekening. Sy het per ongeluk op die transaksies afgekom en kon ʼn paar van die bestellings kanselleer. Van die bestellings is egter reeds versend.

“Op die eerste dag was daar omtrent sewe bokse. En toe het ons nog tien bokse ontvang,” het sy verduidelik.

Katelyn se niggie het ʼn foto van die aflewering op Twitter gedeel, met die blonde meisie wat trots langs die stapel bokse staan. “Ek is dol oor Amazon,” het Katelyn aan Good Morning America gesê.

Die gesin het die speelgoed daarna aan ʼn kinderhospitaal in Salt Lake City geskenk. Katelyn se ma het besluit om dit eerder as ʼn leer-ervaring te gebruik. “Sy is nie in te veel moeilikheid nie. Maar sy sal in groot moeilikheid wees as dit weer gebeur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gladnie oulik ·

Ouers laat toe dat kinders hand uitruk…
Waar in jou lewe laat hy toe dat jou kleintjie sulke inligting weet.
My kinders VRA as hulle net n game op die tablet wil aflaai (FREE GAMES)

Gertryda ·

Hahaha slim kind
Ek sterf tien dode as dit met my gebeur

Peet ·

Lyk maar vir my soos n setup, ouers het geweet wat aangaan, en dit probeer viral laat gaan. Daai foto is die eerste dag geneem, maar toevallig kamera reg gehad om dit te neem, maar niks geweet nie.

Richard ·

Peet, natuurlik het hulle geweet die aflewering is op pad. Weet jy nie hoe werk Amazon of ander aanlyn-inkopies nie? Lees die artikel met aandag en jy sal sien dat die ma sommige van die bestellings kon kanselleer, maar die res was alreeds versend, so sy het geweet dit gaan afgelewer word. So hulle kon die “kamera” reg hê, natuurlik – almal het kameras deesdae, in hul selfone.

Hanna ·

Noujatoe, ek hoop jy lyk soos ñ model on sommer so oor ñ ander lelike opmenrings te kan maak?

Afrikaanse Knaap ·

Banke in die VSA kan by SA banke leer oor hoe mens ‘n sms stuur na ‘n kredietkaart transaksie.

PW ·

Klink vir my eerder of die items op ‘n kredietrekening by Amazon self gekoop is. Die items is dus nog nie betaal nie en kan afbetaal word. Ek stem egter saam dat ‘n vorm van kennisgewing gerus ingestel kan word Google Play gee byvoorbeeld geen kennisgewing nie en jy sien eers wat aangaan as jy spesifiek na jou transaksierekords gaan kyk.

Jay ·

PW jy is verkeerd ek koop gereeld by amazon en die geld word dadelik van my rekening getrek sonder ‘n sms na my foon. In die VSA moet jy spesifiek vir die bank vra om dit aan te sit as hulle die diens verskaf maar niemand hier kry smse na hulle foon vir die transaksie nie. Jy kan Amazon ook nie af betaal nie jy het die geld of nie

Martin ·

Van wanneer af laat n ouer toe dat n 6 jarige self aanlyn goed koop?

Landi Slatter ·

Dagsê Jay

Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Pop ·

Baie min mense moet deesdae ouers word. Hulle het nie n benul van opvoeding en reëls ens nie. Kinders regeer die ouers.

JoeV ·

Haha, my seun (21) kom kuier en skuif ewe agter my rekenaar in en wees homself op ebay. Kom spog hy die volgende keer paypal het nooit die geld uit sy kaart getrek nie. Dink toe, laat ek bietjie kyk ou grote…. hy is nogal spandabelrig!!
Moes hom toe mooi wysmaak hoe mens by “kuiermense se huis” gebruikers verander op ebay, ek het nou pragtige mikrofoon vir die rekenaar, kabels van ‘n soort, en skryfpen uit Indië.
NS. Hy het darem my geld terug gegee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.