Slim plan om pos vir onderwyser te adverteer

Só is die pos geadverteer (Foto: Harsh Goenka/Twitter)

Werkgewers raak al hoe meer kreatief met hul advertensies vir vakante poste. ʼn Skool van Gujarat in Indië het ook met ʼn unieke idee vorendag gekom om ʼn wiskunde-onderwyser aan te stel.

Die skool kan sommer met die intrapslag al die eerste keuring doen van aansoekers.

Sakeman Harsh Goenka het ʼn foto van die advertensie op Twitter gedeel. Die advertensie trek aandag, want dit sluit nie ʼn telefoonnommer in nie.

Daar is slegs ʼn vergelyking – so voornemende werknemers moet dus die som oplos om die regte nommer te kry om te bel.

Die plasing op Twitter word wyd gedeel en is reeds byna 2 miljoen keer vertoon.

“Die antwoord is 9428163811, dit is die 10-syfer nommer om te bel,” sê een persoon. “Ek het dit self opgelos – ek het nie ʼn sakrekenaar gebruik of enige ander hulp ingeroep nie. Gee gerus vir my die prysgeld.”

“Ek is redelik seker ek sal die verkeerde skool bel,” skerts nog ʼn persoon.

“As ʼn leerder dié probleem kan oplos, dan het hy beslis nie ʼn onderwyser nodig nie!” voeg nog iemand by.

“Wat leer ons hieruit?” skryf nog ʼn gebruiker. “ʼn Slim werkgewer sal ʼn slim werknemer kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Oeps! Sal ons minister van onderwys antwoord kan kry? Sal / kan Google help?

yahneh ·

Sal die minister die som kan opstel?

“now listen properly…”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.