Speen jou kind só van ʼn fopspeen

Argieffoto (Foto: kasiaczernik/Pixabay)

Kleuters skree soms blou moord as jy skielik ʼn fopspeen wil wegvat en as jy ʼn ouer is wat al nagte lank van slaap ontneem word, is dit soms genoeg rede om die fopspeen terug te gee.

Ouers het verskillende opinies oor die langdurige gebruik van ʼn fopspeen, maar daar word oor die algemeen aanbeveel dat jy jou baba tussen ses en twaalf maande van sy fopspeen speen. Ná ʼn jaar begin jou baba om ʼn emosionele band met sy fopspeen te vorm, en dit kan dan net moeiliker word om hom te speen. Om optimale ontwikkeling van sy tandjies te verseker, is dit die beste om, as hy ná ʼn jaar nog sy fopspeen suig, hom voor sy tweede verjaarsdag van sy fopspeen geskei te kry. Die posisie van sy tande kan beïnvloed word, wat langtermyn negatiewe gevolge kan hê. Spraak word ook geaffekteer, en jou kind staan ʼn groter kans om spraakterapie te moet kry. Selfs tien minute per dag kan ʼn negatiewe impak hê.

Dit is dus ʼn goeie idee om die gebruik vroeër eerder as later te staak.

Lifehacker het ʼn eenvoudige truuk om jou kind te speen: Prik bloot ʼn gaatjie aan die bopunt van die fopspeen. Dit sal lug vrystel en dit beduidend minder bevredigend maak om daaraan te suig.

Aangesien jou kind moontlik nie sal weet hoekom hul gunstelingtrooster nie meer dieselfde effek het nie, sal hy waarskynlik dit gou laat staan.

Gebruik ʼn naald om die gaatjie te prik. Lifehacker maan ouers om nie ʼn groter gaatjie te maak nie (jou kind sal dan dalk die “sabotasie” ontdek) en moet ook nie die bopunt van die fopspeen heeltemal afsny nie – jou kind kan dalk aan kleiner stukkies verstik as dit afbreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Halinka ·

Ek glimlag want ons probeer dit noual so lank! Dogtertjie is 4 en sy weier, ons het al gaaitjies gedruk, probeer geskenkies gee vir elke aand wat sy sonder dit slaap, tot geldjies sodat sy sweeties kan koop. maar nee, dit stick nou nog! Maar, dummy gaan nie saam skool toe nie, sy spoeg dit dat dit trek sodra sy oumas en oupas sien, sodra sy slaap val dit uit haar mond en die res van die tyd vergeet sy van hom (dis ook n newborn dummy wat LANKAL al te klein is so dit maak nie skade die kort rukkie wat dit in die mond is nie). Dis haar klein stukkie comfort, nes ander kiddies kombersies het. Die wêreld is nogal scary, en om eerlik te wees, meeste grootmense weet nie eers hoe om te cope met dit nie. so ek laat dit nou maar toe. Ander ouers kan maar hulle oë strek en kommentaar lewer – ek belowe jou sy sal nie meer een he wanneer sy reg is om dit te laat gaan nie.

Jo ·

Halinka, jy is die ouer, jy weet wat die beste is vir jou kleinding, jy is die een wat kleinding gelukkig moet hou, niemand anders. Sterkte daar en geniet elke oomblik, hulle word so vinnig groot.

Angelique ·

Moenie worry nie. My dogtertjie is 6 en nou eers n Maand op gehou dummy suig in die aand. Ekt so gesukkel met dit, nes jy haar probeer omkoop, maar niks wou werk nie. Tot ek elke dag vir haar n foto gewys het hoe haar tande gaan lyk, sy wou dit nie sien nie en het gehuil. Syt self besluit om dit daar na te Los. Maar ek weet hoe jy voel. Mense se almal vat weg en sy huil Paar aande, maar syt al Mal gehuil en wou nie slaap nie. Sterkte.

Foppie ·

Laat hulle tog maar suig totdat hulle self nie meer wil nie. Die foppie is ‘n kindjie se sekuriteit.

Annoniem ·

O nee moenie n fopspeen gee vir sekuriteit nie. Verkeerde redes. Sekuriteit kom van die ouers af.

Wielspore ·

Die fopspeen veroorsaak dat die kind se tande skeef groei. Ek glo die gaatjie metode gaan werk, ons het in ons huis geleer dat gedrag ‘n naam het en daarvolgens handteer word. Ons kleinseun was onlangs by ons vir ‘n paar weke sonder sy ouers. Die mannetjie is 9 maande oud en ons het stelselmatig die fopspeen minder vir hom gegee. Toe hy terug huis toe is gaan slaap hy sonder die fopspeen. Ons het bloot vir hom gesê dit is nou slapenstyd en sy bottel vir hom gegee en dit was dit. Dit is alles met baie liefde en omsigtigheid gedoen.

Jessica ·

Well a child would not cry day or night if you not given it in the first place, it’s a bad habbit to give it, a dummy carries the most germs ever, do yourself a favour and go and put it under a microscope and see for yourself, i brought up my own 4 kids without a dummy, it’s only a bad thing why do you want anyway a child sukking on it not good for the speech or mouth.

Hillary ·

Jessica, simply dip the dummy in neat whisky before giving it to the baby, kill the germs and the bambino sleeps really well

Bronwyn ·

Ek sukkel darm gladnie met ‘n fopspeen nie. My baba is 6 maande en het 12 dummies wat stof vergaarder. Sy hou absoluut niks van ‘n dummy nie.

Megan ·

My seuntjie is nou amper 3 en hy speen homself stelselmatig van die dummy af. Ek gun die bietjie suig vir hom veral as hy onsteld is. Ons as mammas moet leer om mekaar minder te oordeel want wat vir my werk werk dalk nie vir die volgende persoon nie. Ek troos myself aan die feit dat nog geen persoon het voor die kansel gestaan met n dummy in die mond nie, hy sal homself speen sodra die tyd reg is.

Doret ·

Ek stem volkome saam. Elke kind is anders. Ons moet ophou oordeel. My dogtertjie word nou 3. Suig nogsteeds haar dummy as sy wil slapies. En sy het die perfekste witste tandjies. Sy sal hom los as sy reg is. Ek gee nie om wat ander sê nie. Dis my kind en ek ken haar die beste

Bruidjie ·

Nog nooit n bruid voor die kansel gesien met n dummy nie, so iewers gaan hulle dit los as hulle reg is.

Humbig ·

Elke kind en Elke ouers verskil. Die wat wil verkwalik stap eers is ouer oor wie jy n slegte ding te Se he Se voetstappe en ervaar wat hul ervaar voor jou bitsige Tong die oorhand kry. My meisiekind het nooit n dummy gesuig van kleinsaf nie maar ons het tot op 5 gesukkel met bottel. Vandag op 13 slaap sy steeds gereeld Lang’s mamma of Pappa. Ek Koester dit want Min ouers weet wat werklike daar buite is is nie. Waardeer julle kinders en hul Kort hul vertroosting.

MJ ·

Ons kon ons oudste dogtertjie op twee en half jarige ouderdom van die dummy gespeen kry. Sy het dit altyd rondgedra en kort-kort in die mond gehad. Toe maak ek dit aan haar bed se kopstuk vas met ‘n lang lint, so sy moes op die bed lè om daaraan te suig. En elke aand het die lint net ‘n bietjie korter en korter geword, totdat sy dit nie meer kon by kom nie! En kleinsus het op 18 maande self die dummy in die asblik gaan gooi nadat sy dit stukkend gebyt het..

Maria ·

Ek my kinders nie met fopspeen groot gemaak nie net noodgevalle soos maagkrampe die medesyne op die fopspeen smeer of dip. Dit het geen probleme om slae te raak nie

Natasha ·

Hello moms!!!
One method I know works is to make a hole and suck in salt water in the dummy. It gets put down very fast!!!!
Dummy is secureity but also habit and if you feel you want to try removing this habit
Feel free to try the salt water!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.