Studie bevind jy leef beter saam met ʼn troeteldier

Argieffoto (Foto: Helena Sushitskaya/Pixabay)

ʼn Studie deur die troeteldier-aanvullingsmaatskappy Purina voer aan dat eienaars wat hul diere by groot oomblikke in hul lewe betrek, ʼn voller lewe kan lei.

Wanneer mens die gastelys vir jou verjaarsdagpartytjie saamstel, kies meeste mense om net hul naaste familie en vriende te nooi. Nuwe navorsing wys egter dat 41% van troeteldiereienaars ʼn doelbewuste poging aanwend om hul honde by die vieringe te betrek.

Ongeveer 19% van troeteldiereienaars het boonop aangedui dat hulle deesdae hul vierpotige vriende saamneem na koffiewinkels, 28% mediteer saam met hul troeteldiere en 37% oefen gereeld saam met hulle.

Purina wou by troeteldiereienaars hoor watter gesondheid- en welstandaktiwiteite hulle saam met hul diere geniet en het bevind dat troeteldiere en hul eienaars saam ʼn voller lewe lei.

“Mense trek ook voordeel hieruit,” het ʼn woordvoerder van die maatskappy gesê. “Sowat 60% van respondente sê hulle voel meer ontspanne, 55% is minder alleen, 44% is fikser, en 19% het meer selfvertroue wanneer hulle tyd saam met hul troeteldier spandeer.”

Argieffoto (Foto: Lenka Novotná/Pixabay)

Na raming ervaar sowat 40% van honde een of ander gesondheid- of welstandsprobleem in hul lewens. Dit kan weens ʼn traumatiese besering of siekte wees, maar kan ook leefstyluitdagings insluit soos om te verhuis, om vermis te raak of probleme in die gesinstruktuur of roetines.

Ouer honde en katte ervaar ook ʼn afname in immuniteit, sukkel met hul gewrigte of raak beangs wat vererger kan word deur ʼn afname in gehoor of sig.

Libby Sheridan, ʼn veearts by Purina, sê eienaars beskou hul troeteldiere al hoe meer as lede van die gesin en wil hê hulle moet ook baat vind by dieselfde vlak van sorg wat hulle self ervaar. “Diere en mense leef langer as hul gewone lewensverwagting en dit hou verband met die gehalte van lewe. Talle van ons kom teen hindernisse te staan wat ons gesondheid en welstand ʼn knou kan toedien, en ons verstaan dat ons soms hulp nodig het in dié moeilike tye. Troeteldiereienaars is egter op soek na maniere om bykomende ondersteuning te bied om hul diere se gehalte van lewe te verbeter. Aanvullings bied ook ekstra ondersteuning wanneer troeteldiere dit nodig het en saam met ʼn hoë gehalte, algehele en gebalanseerde dieet, oefening en toegang tot behoorlike veeartsenykunde, kan hulle troeteldiere lang en gelukkige lewens geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

koos ·

IMHO is daar iets ernstig fout met diegene wat nie van honde hou nie. ‘n Hond wil net jou vriend wees, en dit is ‘n vriendskap wat oor duisende jare strek. Ek bieg dat ek ook ‘n probleem ervaar – ek sal baie makliker van my medemens permanent ontslae kan raak as van my hond. En dis nie wat die Boek ons leer nie.

VaalDonkie ·

Ek hou nie van klein mislike hondjies nie, maar ek stem saam met jou. Honde is sulke opregte diere. Hulle sal dadelik vir jou wys wat hulle van jou dink. En terloops: ons kry oor drie weke ‘n klein rifrug. En as dit goed gaan sal ek vir hom nog ‘n maatjie kry.

Karel Kobus Kruger ·

Ek vat party dinge in Die Boek met n knippie sout. Soos die tweede gebod byvoorbeeld.

Diets ·

Ek is baie gemakliker in my diere se geselskap as in enige mens sin. Diere liefde is opreg. Met die mens moet mens altyd in jou pasoppens wees. Sad but true.

Erika ·

Stem beslis met jou saam, ek spandeer eerder my aande en naweke saam my liefie lyfies, as enige persoon se geselskap, diere is opreg, oral om mens is daar soveel “fake mense” en mense wat so graag van jou wil skinder, en ek is nou een van daardie mense, ek jaag gou iemand by my plek uit \ weg, wat kom met “het jy gehoor van …” ek wil niks hoor of weet van …

Diere is beslis meer opreg!

Anel ·

Net so. Ons seun het ‘n Duitseherder gehad. Op 2 jaar is hy met ‘n vergrote hart gediagnoseer. Veearts het hom 18maande gegee en op hart pille gesit. Hy het 9 geword en moes noodgedwonge so 3 maande terug hemel toe gaan. En dit net omdat daar na hom gekyk is. Hy het nie ‘n nag buite geslaap nie. Ons het nog ander honde ook waarvan ons seun se Jack Russel ook gister hemel toe is. Hy was amper 14. Ook elke aand by ons seun geslaap. Ons treur nog oor die een en vandag is dit weer erger. Mense wat dit nog nie ervaar het nie, sal nie verstaan nie. Hier huil groot mans soos babas. Honde gee onvoorwaardelik liefde en dit is al wat hulle van jou verwag. As hy nie deel van die familie kan word nie, moet dan nie een kry nie.

Miena ·

Stem so so saam met alles beslis ja. Ek het maar altyd “kleinerige” honde gehad – Bassetts. My reun – Pavarotti – het so 3 maande gelede Honde Hemel toe gegaan omdat sy lyf deurtrek was van Kanker – van snoet tot stert. Hy was 18 jr oud – ek belowe jou. Nou het ek Boerboele x 3 nogal!! Hulle slaap in aande in huis, in my kamer op hulle plek voor die bed. Hulle word glad nie oorskied – tafelkos gegee nie. Hulle het hul eie kos en “treats”. Ek glo as jy n toe-deur oopmaak sal n hond van 1 kant af deurspring na die ander kant toe om sy lojaliteit en liefde vir jou te wys – sonder om te besef of te dink watse gevaar aan die ander kant van die deur mag wees. My honde se 2e huis is die veearts- hulle klim self in die kar en ry saam . My seuns se gereeld as hulle terugkom in n ander lewe wil hulle honde in ons huis wees – hulle kry meer liefde en kos blykaar as die seuns. Maar ons kinders is uit die huis uit. Hoekom nie?

Erika ·

Feite, ek kan my nie ‘n dag indink sonder my liefie lyfies nie, hulle is dan die rede vir my bestaan, die rede hoekom ek in die middae wil huis toe gaan. Elke liefie het eie persoonlikheid, en elkeen soek liefde op ander manier.

My liefies lyfies is al wat ek in die lewe het, geniet hulle terdee. Bederf hulle, mis hulle ongelooflik baie as ek bedags by die werk is.

AH ·

Ek is ook baie lief vir my vier hondelyfies en twee katjielyfies. Een groot familie. Hulle is my babas. Ek is net jammer dat S.A. nie so hondevriendelik soos baie ander lande is nie. Ek neem graag my klein hondjies saam na “pet friendly” restaurante ens. Hulle gedra hulle beter as meeste menskinders in sulke plekke!

Sandra ·

Ja nee dis waar. Ek sal eerder tyd saam met my honde en katte spandeer as saam met mense, of as om uit te gaan ens. Hulle offer hulle hele lewe op om vir ons te wag om huistoe te kom van die werk af. Dit is hoekom dit my vies maak as mense van die werk af kom en nie eens vir hulle diere hallo se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.