Sydney-man vind slang in sak blaarslaai

(Foto: Lesley Kuhn/Facebook)

Alex White, van Sydney in Australië, het gedink dit is ʼn groot wurm in die sak blaarslaai wat hy pas van die plaaslike Aldi-supermark huis toe gebring het, tot die slang sy tong uitgesteek het.

“Ek het groot geskrik en besef dit is ʼn slang, want wurms het nie tonge nie,” het White gesê. “Ek was beslis bietjie paniekerig.”

Die jong “pale-headed”-slang, ʼn giftige slang endemies aan Australië, het vermoedelik sowat 870 km van Toowoomba na Sydney in die sak blaarslaai gereis.

Lesley Kuhn, Alex se ma, het foto’s van die slang in die sak blaarslaai op Facebook gedeel.

ʼn Span van New South Wales Wildlife se inligting-, redding- en opleidingsdiens (Wires), het die reptiel gemonitor en ná ʼn paar dae weer teruggeneem na Toowoomba waar dit vrygelaat is in die streek waar die blaarslaai gepluk is.

“Alles het ʼn reg om te lewe en terug te keer waar dit behoort,” het Amy Wregg, nooddiensbeampte van Wires, gesê. “Mens kry mense wat eerder sou wou sien dat die vermorsel word, maar hy is net ʼn babatjie wat in die moeilikheid beland het. Hy is giftig, maar nie dodelik nie. Hy sal jou siek maak, maar jou nie doodmaak nie.”

Wires-personeel glo die slang het oorleef omdat dit in ʼn semi-hibernasie-toestand gegaan het toe die blaarslaai in die koue gestoor is.

Die slang het vinnig tussen die plante verdwyn toe hy in Toowoomba vrygelaat is.

Die Aldi-supermark stel ondersoek in hoe ʼn slang in die sak blaarslaai beland het.

UPDATE: Snake in a bag of lettuce. ???? ????You may have heard about the juvenile Pale-headed Snake trapped inside a bag of…

Posted by WIRES on Thursday, April 15, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sandra ·

Ek sal nie hier se wat sal gebeur as ek ‘n slang in ‘n pak slaaiblare kry nie. Maar ek kan se dit het te doen met ‘n basiese liggaamlike funksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.