Te dierbaar! 47 ganskuikens vir dié ma

Foto: Mike Digout/Facebook

Mike Digout, van Saskatoon in Kanada se reeks foto’s van ʼn gans en 47 kuikens wat sy versorg, is ʼn treffer op sosiale media.

Mike besoek gereeld die Saskatchewanrivier om foto’s te neem, en was verbaas om te sien dat die wyfie telkens al hoe meer kuikens by haar het. Die eerste keer wat hy die gans gesien het, het sy 16 kuikens gehad. Hy het ʼn foto geneem, en ʼn paar dae later wou hy kyk of hy weer die gesin kon sien. Tot sy verbasing het die ma dié keer 47 kuikens by haar gehad.

Volgens Mike versorg die broeis ma waarskynlik ander ganse se kuikens. “Ek was aanvanklik verstom dat sy 16 babas het, so ek het elke aand teruggegaan om die ma en haar kuikens te soek. Elke dag het dit gelyk of sy ʼn groter groep het,” het hy aan The Dodo gesê.

Die verskynsel kom soms voor in gebiede waar daar verskeie neste is. Een geduldige wyfie versorg ander wyfies se kuikens sodat die wyfies kan rus. Volgens Mike is dit presies wat hier gebeur het. “Dit was merkwaardig om te sien hoe kalm sy was met so baie gansies om haar. Sy lyk soos ʼn baie geduldige ma.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kaptein67 ·

Dit is nou ‘n baie pragtige berig. Hou so aan met die mooi nuus!

Misky ·

Dierbaar en kostelik verby!!!! Gelukkig vir daai gansies is hulle in Kanada en nie SA nie. Hier sou hulle lankal opgevreet geword het

Bre ·

Kan jy nie maar n bietjie meer positiewer wees op so n positiewe berig nie. Dis jammer dat jy boonop op-duimpies ook kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.