Tweedehandse onderklere vir Noorweegse dienspligtiges

Argieffoto (Foto: Igor Ovsyannykov/Pixabay)

Noorweegse dienspligtiges sal hul onderklere moet teruggee ná hulle hul diensplig voltooi het. Die weermag beleef ʼn tekort aan voorraad weens Covid-19.

Noorweë roep jaarliks ongeveer 8 000 jong mans en vroue op tot diensplig om NAVO se noordelike grense en die grens met Rusland te bewaak.

Dienspligtiges het tot onlangs nog die onderklere, wat aan hulle uitgereik is, saamgevat wanneer hulle hul diensplig afgehandel het. Die Covid-19-pandemie het egter ʼn groot impak gehad op die verskaffing van voorraad omdat fabrieke gesluit is en probleme met vervoer ondervind word. Die Noorweegse weermag het dienspligtiges dus versoek om hul onderklere, bra’s en selfs sokkies terug te gee. Dit was aanvanklik vrywillig, maar dit is nou verpligtend, het die openbare uitsaaier NRK berig.

“Dit help ons baie. Ons het nie genoeg voorraad nie,” het Hans Meisingset, woordvoerder vir logistiek, aan NRK gesê. “Dit word gewas, skoongemaak en nagegaan. Wat ons versprei, is in ʼn goeie toestand,” het hy bygevoeg.

ʼn Verteenwoordiger van die dienspligtiges het egter die huidige tekortkomings veroordeel en gesê dit kan uiteindelik bedrywighede beïnvloed. “Ernstige tekorte aan voorraad en klere kan uiteindelik operasionele gereedheid raak, en in die ergste geval, die veiligheid van die soldaat,” het Eirik Sjohelle Eiksund aan die handelspublikasie Forsvarets Forum gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tienie ·

Nou het ek alles gehoor.

Dan vat ek eerder my eie nuwes saam, veral as jy is SA moet gaan Diensplig doen.

Ag nee. Sies man. Spoeg spoeg spoeg

SlinkseKoljander ·

Standaard uitgawe vir die SANDF, sonder dat hulle gewas word.
Die bangkrot ANC moet begin geld spaar waar hulle kan.

Misky ·

Oor my dooie liggaam dra ek onderklere wat iemand anders aangehad het!!!!!

Delia ·

Andre. Die SANDF verskaf wel uniform aan hulle lede, maar nie manlike of vroulike onderklere nie.
Al die klere wat ek vir 20 jaar van die SANDF gekry het 2001 tot 2021 was splinternuut, nog toe in plastiese sakkies.
Gee kritiek as jy Wil, maar Dan moet dit die waarheid wees.

Anel ·

Asseblief! En hulle noem hulle self ‘n eerste wêreld land. Dankie, maar nee dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.