Veganis beboet wat versuim om muisplaag te hanteer

Argieffoto (Foto: Alexa/Pixabay)

ʼn Veganis wat versuim het om ʼn muisplaag by haar huis te hanteer weens etiese beginsels, is deur ʼn hof beboet.

Margaret Manzoni (73) van Essex in Engeland “het die muise as haar troeteldiere beskou” en gesê “hulle sou nie na die bure toe gaan nie, want sy sorg vir hulle”, het die Tendring-stadsraad in ʼn verklaring gesê.

Die raad het die pensioenaris vir ʼn tweede keer vervolg ná sy nie voldoen het aan ʼn bevel wat in April vanjaar uitgereik is nie.

Manzoni het tydens die verhoor by die hof in Colchester gehoor dat alhoewel die raad “haar geloof as ʼn etiese veganis respekteer, beskou ander mense muise as “ongediertes wat uitgeroei moet word”.

Die hof het bepaal “die impak van die plaag op bure beteken dat ʼn versuim om op te tree onbehoorlik is”.

Die hof het gehoor hoe die raad se omgewingsgesondheidspan deur die bure ontbied is oor ʼn muisplaag wat skade aan eiendom aanrig weens toestande by Manzoni se huis. Personeel het verskeie besoeke afgelê en hulp aangebied voor kennisgewings uitgereik is en Manzoni beveel is om op te hou om voëls te voer, om die begroeide tuin skoon te maak en plaagbeheer te ontbied. Manzoni het egter voortgegaan om kos en skuiling vir die muise aan te bied. Van die bure het selfs verhuis.

Manzoni het tydens die verhoor erken dat sy versuim het om te reageer op ʼn kennisgewing kragtens die Wet op Omgewingsbeskerming en ʼn kennisgewing kragtens die Wet op die Voorkoming van Skade deur Plae.

Sy is ʼn boete van £1 500 (ongeveer R31 000) opgelê met ʼn kostebevel aan die raad van £2 395 (sowat R50 000) en ʼn slagoffer-toeslag van £150 (net meer as R3 000).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sheree ·

Kan mens nou meer! Ek het nou al amper alles gelees. Ek kan net lag.

Phillip ·

Die Arme vrou . Maak sy hulle dood word sy aangekla vir diere mishandeling . Of Diere verwaarlosing
en gaan elk geval aangekla word omdat sy hulle wreed dood maak . Mense het mos mal geword deesdae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.