Video: 13-jarige se optrede verstom

Courtney Hadwin (Skermgreep uit die video)

Die 13-jarige Courtney Hadwin het beoordelaars by America’s Got Talent verstom en ʼn video van haar vertoning is binne ʼn week reeds byna 23 miljoen keer op YouTube gekyk.

Hadwin het skaam-skaam op die verhoog verskyn en aan Mel B., een van die beoordelaars van dié talentkompetisie, bely sy is op haar senuwees. Sy het egter die beoordelaars en gehoor daarna staande gehad met haar weergawe van Otis Redding se “Hard to Handle”.

“Jy was so skaam toe jy op die verhoog gekom het, maar toe jy begin sing, was jy ʼn leeu!” was Simon Cowell se reaksie.

Beoordelaar Howie Mandel was net so beïndruk en gesê sy is sekerlik van ʼn ander era. Hy het gesê hy was ʼn groot aanhanger van Janis Joplin en het verwys na ʼn storie wat hy op ʼn dokumentêr van dié sangeres gesien het. “Clive Davis het na die Monterey Pop Festival gegaan en hierdie jong meisie gesien wat niemand nog ooit vantevore gesien het nie; niemand het haar geken nie. Dit is die eerste keer wat iemand vir Janis Joplin ʼn platekontrak aangebied het, en dit het haar lewe verander. Ek kan nie vir jou ʼn platekontrak aanbied nie, maar ek kan vir jou die volgende doen …” en daarmee het Mandel die goue gonser gedruk.

Hadwin dring dus dadelik deur na die regstreekse uitsendings van dié kompetisie.

*JONGSTE: Hadwin het uiteindelik in die sesde plek in dié kompetisie geëindig en in Desember 2018 ‘n platekontrak met Arista Record geteken, in samewerking met Simon Cowell se Syco Music.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

E.K. die eerste ·

AG aarde…stokou nuus. Reeks het lankal gewys, wenner is aangekondig en als en NOU kom dit hier as “nuus”.

J ·

Wie okal enigens dink dié tiepe kompitisies is real, moet eerder nie nageslagte kry nie. Dit NA Simon al verklap het hoe dit werk.

Poppie ·

Die kind het tien soorte waks uit my geirriteer. Veral as sy begin met: Thank you…. en amper haar moue opeet.

Alicia ·

Ek het die video greep baie geniet, maar 6 maande gelede – Maroela, dis ou nuus

Mornay ·

Ongelooflike talent. Net bietjie agter die tyd. Maroela media moet regtig hard werk om op die nuutste nuus te raporteer. Mens weet geld is seker n probleem maar kyk wat julle kan doen :-)

Morne ·

Miskien ou nuus, maar dankie om meestal die positiewe te probeer wys Maroela ! Great job ! Ek bly in Taiwan en is mal oor die diversiteit van julle artikels ! Dankie daarvoor en ‘n voorspoedige 2019 vir die redaksie en span !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.