Video: 60 000 bye uit vrou se huis verwyder

Skermgreep uit die video

ʼn Byeboer van Australië het ʼn skatkis vol heuning in ʼn yslike groot byekorf in ʼn vrou se huis in Brisbane, Australië, gevind.

Paul Wood het die afgelope Saterdag die 50 kg heuningkoek en die 60 000 bye uit die 10 maande oue byekorf verwyder en ʼn video van die vonds op sy Facebook-blad, Brisbane Backyard Bees, gedeel. “Mooi groot, gesonde korf in die plafon gevind! Dankie Laurel dat jy ʼn byeboer gebel het!”

Wood en sy kollega het die bye versigtig in ʼn spesiale masjien opgesuig en in ʼn spesiale boks geplaas vir vervoer. Hy het ook die heuningkoeke verwyder en die heuning in potjies dreineer. Hy het daarna die bye tydelik na ʼn korf in sy eie tuin geskuif en dit sal later na ander entoesiaste in Brisbane versprei word.

Bracken Ridge rescue…

Beautiful, big, healthy hive in this Bracken Ridge ceiling today. Thanks Laurel for calling a beekeeper!

Posted by Brisbane Backyard Bees on Saturday, August 17, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Patch ·

Hoe gril ek nou tot in my kleintoontjie … My oupa het ook bye vir mense uitgerook en as ek saam was het ek ‘n lekker taai stuk heuningkoek gekry om aan te suig tot net wit was en klewerige hande agtergebly het. Miskien is dit waar my alewige soettand vandaan kom ☺

SP ·

Om hulle te tel is niks, om hulle te laat stil sit terwyl jy hulle te is `n gesukkel en om hulle te vra vir stilte.

Schalk ·

Ek is ook maar bly dit is nie ek wat hulle moes verwyder en tel nie. Ek wonder of het die bye in rye gaan staan om getel te word? 60 000 bye kan n mens n rukkie besig hou, ek sou hulle net verwyder het.

Mariette ·

Dis was 60002 bye gewees berig verkeerd haha.. 2 in die hoek is gemis ????

Pietman ·

Nou hoe presies het sy so lank na die tyd agtergekom dat daar soveerl bye in haar huis was??

Zettie ·

Goeie griet!!! Dis darem ‘n pragtige korf daai. Sou graag van daai heuning wou gehad het.

L ·

Ek een bye nes by my huis wie soek bye dis gratis kom haal hulle net uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.